Gewalt und Trauma. Erfahrungen deutscher Kinder im sudlichen Afrika : eine Untersuchung von vier Romanen

Wilson, Gillian (2019-04)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2019.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This thesis will examine how violence towards children and its traumatic consequences are portrayed. Violence often refers to that which is physical and grandiose (i.e. extreme) in nature. It can, however, take on subtle forms which may not necessarily be physical. What is apparent, however, is that children are most affected by violence because of their dependency on the people around them to care for them. How exactly is victimization and violence towards children different to the victimization and violence that adults experience? How is the violence and subsequent trauma that children experience adequaely represented within the four novels? I propose two hypotheses. Firstly, children seem to be part of the “ignored” section of society, often because of their trauma. This in turn makes their victimization far more damaging than would be experienced by an adult. Because of this, they are left to work through the traumatic experiences and understand it for themselves and this within itself is not a full-proof manner to deal with trauma. These aspects are addressed in more detail within the thesis itself. This thesis comprises of 5 chapters. Chapter one is merely an introduction with summaries of the four novels. Chapter two entails a historical background in which the novels are set, which includes Hitler's Third Reich, the Holocaust and the murder of millions as well as the South African Apartheid regime. Chapter three entails a theoretical background pertaining to various forms of abuse. In chapter four, an analysis of the four novels in question is undertaken. Chapter five is merely a conclusion and summary of the findings. The biggest realisation of this thesis by far has been that traumatic events during childhood without therapeutic intervention can have far-reaching consequences even into adulthood. This includes mood disorders like depression, various anxiety disorders including post traumatic stress disorder and even various personality disorders. What is interesting to note, however, is how protagonists in the novel cope with their trauma and how this trauma becomes a major influencing factor in forming their identities. Storytelling is also central to understanding the world from a child's perspective and this storytelling is used to navigate traumatic events so to say.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif sal ondersoek instel na hoe geweld teenoor kinders en die traumatiese gevolge daarvan uitgebeeld word. Geweld verwys dikwels na die fisiese en grandiose (d.w.s. uiterste) impak van geweld. Dit kan egter subtiele vorms aanneem wat nie noodwendig fisies is nie. Dit is blykbaar so dat kinders die ergste geraak word deur geweld as gevolg van hul afhanklikheid van die mense na aan hulle wat hulle moet versorg. Hoe presies is viktimisasie en geweld teenoor kinders anders as die viktimisasie en geweld wat volwassenes ervaar? Hoe word geweld en die daaropvolgende trauma deur kinders in die vier romans voorgestel? Ek stel twee hipoteses voor. In die eerste plek lyk dit of kinders deel van die "geïgnoreerde" deel van die samelewing is, dikwels as gevolg van hul trauma. Dit veroorsaak dat hul viktimisasie veel meer skadelik is as wat 'n volwassene ervaar. As gevolg hiervan word hulle oorgelaat om deur die traumatiese ervaringe te werk en dit vir hulleself te verstaan maar dit op sigself is nie 'n manier om trauma te hanteer nie. Hierdie aspekte word in meer besonderhede binne die proefskrif aangespreek. Hierdie proefskrif bestaan uit 5 hoofstukke. Hoofstuk een is bloot 'n inleiding met opsommings van die vier romans. Hoofstuk twee behels 'n oorsig oor die historiese agtergrond van die romans. Dit sluit in Hitler se Derde Ryk, die Holocaust en die Suid-Afrikaanse stelsel van Apartheid. Hoofstuk drie behels 'n teoretiese agtergrond rakende verskillende vorme van mishandeling. In hoofstuk vier word 'n ontleding van die betrokke vier romans onderneem. Hoofstuk vyf is 'n opsomming van die bevindings en die gevolgtrekkings. Die belangrikste bevinding van hierdie tesis is dat traumatiese gebeure gedurende die kinderjare sonder terapeutiese intervensie langdurige gevolge kan hê tot in volwassenheid. Dit sluit in gemoedsversteurings soos depressie, verskeie angsversteurings, insluitend post traumatiese stresversteuring en selfs verskillende persoonlikheidsversteurings. Interessant is, hoe protagoniste in die romans hul trauma hanteer en hoe hierdie trauma 'n belangrike faktor word om hul identiteite te vorm. Storievertelling speel ook ’n rol om die wêreld vanuit 'n kind se perspektief te verstaan en en word gebruik om traumatiese gebeure te verwerk.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/105800
This item appears in the following collections: