Transformative constitutionalism and the development of South African property law (part 2)

Transformatiewe konstitusionalisme en die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse sakereg

Van Der Walt, A. J. (2006-01)

CITATION: Van Der Walt, A.J. 2006. Transformative constitutionalism and the development of South African property law (part 2). Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2006(1):1-31.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_tsar

Article

South African courts and academic commentators had relatively frequent re- course to German theory on the application issue during the early stages of constitution writing and the development of a new constitutional jurispru- dence128 but now, when the debate seems to be moving into a new paradigm, German literature and case law are strangely neglected. German constitutional theory is a suitable source of comparative analysis for the South African debate about the effect of the constitution on private law, because it has a strong, well- developed system of private law that is distinguished quite strictly from public law, but not unlike South Africa it also has a constitution that was adopted with clearly transformative intentions subsequent to a political catastrophe. Moreover, like South African law, German law clearly accepts that private law is not isolated from the constitution, and that the constitution can in principle (and does in fact) influence or have an effect on private law.

Sedert die inwerkingtreding van die 1993 interim grondwet was daar ernstige meningsverskil oor die sogenaamde "horisontale toepassing" van die grondwet; en veral die fundamentele regte in die handves van menseregte. Verskillende benaderings is deur akademici voorgestaan en in die regspraak gevolg, maar sedert die finale grondwet in 1996 in werking getree het, is wyd aanvaar dat indirekte horisontale toepassing van die grondwet, hoofsaaklik by wyse van die ontwikkeling van die gemenereg, die belangrikste bron van invloed vanaf die grondwet op die privaatreg sal uitmaak. Daar bestaan egter heelwat onsekerheid en meningsverskil oor die wyse waarop die ontwikkeling sal plaasvind. In meer onlangse regspraak word daar op die sogenaamde plig van die staat om sy burgers te beskerm gesteun om dieselfde verskynsel te verklaar, terwyl indirekte horisontale toepassing of ontwikkeling skynbaar vergete geraak het. In die eerste deel van die artikel word 'n oorsig verskaf van die verskillende benaderings wat in die regsliteratuur en regspraak voorkom. In die volgende deel word twee moontlike bronne vir die verskuiwing vanaf horisontale toepassing-taal na staatsplig om te beskerm-taal ondersoek, naamlik die Duitse reg en die volkereg. Die analise word gevolg deur 'n beoordeling van die ontwikkeling in die nuwe regspraak en gevolgtrekkings. Die belangrikste gevolgtrekking is dat die idéé van indirekte horisontale ontwikkeling in die sin van ontwikkeling van die gemenereg (ingevolge a 39(2) van die grondwet) nie afgeskeep of deur die idéé van staatsplig om te beskerm vervang moet word nie, omdat eersgenoemde op 'n duidelike grondwetlike opdrag berus en van wyer strekking as laasgenoemde is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104486
This item appears in the following collections: