The contribution of a community based HIV Counseling and Testing (HCT) initiative in working towards increasing access to HIV counseling and testing in Cape Town, South Africa

Meehan, Sue-Ann (2018-03)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: HIV testing services (HTS) play an important role in South Africa’s response to the HIV epidemic and within the UNAIDS ‘90-90-90’ strategy. Reaching the first ‘90’, diagnosing 90% of individuals unaware of their HIV-positive status is vital for reaching the overall target. It is not possible for public health facilities to reach this target alone, as not all populations access health facilities optimally. Community-based testing services, provided outside of public health facilities are necessary for expanding access to HIV testing and must be explored. There is limited understanding of what constitutes access to community-based HTS. This dissertation used a framework to measure access along three dimensions, availability, affordability and acceptability, in order to determine access of a Community-Based HIV Counseling and Testing (CB-HCT) initiative, comprising mobile and stand-alone services. This dissertation includes six research studies, all of which were conducted within communities situated in the Cape Metro district of the Western Cape Province, South Africa between 2008 and 2015. I used a mixed-methods approach, and included quantitative and qualitative studies as well as a cost-analysis. Participants self-initiated an HIV test at either a mobile or a stand-alone service at a CB-HCT initiative or a public health facility. Mobile services consisted of tents and a mobile van set up at busy spots within the community. Stand-alone centers were fixed sites, not attached to a health facility. Consistently across studies (chapters 2, 4, 7), there was a higher proportion of males amongst the users at mobile (40% to 55%) compared to stand-alone and public health facilities (25% to 27%). As HIV test uptake in public health facilities is low for men, this finding infers that mobile HTS can meet the health seeking needs, regarding HIV testing, of men. Consistently across studies (chapters 2,3,4,5), the majority of users walked to HTS, irrespective of which service they accessed, indicating the importance of providing a geographically accessible service that allows individuals to test in close proximity to where they are. Mobile was also able to provide an immediate opportunity to test for those walking past and not considering an HIV test at that time, highlighting the key role that opportunity to test plays in access. Service providers can create opportunities and play a direct role in making HTS available. As most users walked to HTS, they incurred little or no direct costs. HTS were affordable in our setting. Providing services in close proximity to users will increase the affordability of HTS for the user and enable access (chapters 2 and 4). The largest difference pertaining to user acceptability was waiting times, which were significantly shorter at mobile compared to stand-alone and public health facilities (chapters 2, 3, 4, 5), making mobile a viable option for reaching populations who do not want to wait in long queues. Reports of healthcare worker demeanour varied. Users at mobile and stand-alone consistently reported favourable staff attitudes, while users at public health facilities had mixed reports. The cost to implement mobile and stand-alone services is important when considering scale-up of services. Overall, mobile cost less than stand-alone ($77 764 and $96 616 respectively)-(chapter 7). The mean cost per person tested for HIV at mobile was lower than at stand-alone because of the higher numbers of users testing at mobile, making it a viable service to scale-up. However, the mean cost of diagnosing and linking an HIV-infected person to HIV care was higher at mobile compared to stand-alone. HIV testing service is associated with linkage to care, users diagnosed at stand-alone were significantly more likely to link to care compared to those diagnosed at mobile (chapter 6). Evidenced-based linkage to care interventions will be essential prior to scaling up mobile services. This dissertation provides important insight into the availability, affordability and acceptability of mobile and stand-alone HTS (CB-HCT initiative) as well as considerations for scale-up. The operational nature of this dissertation (studies are based on the operations of the CB-HCT initiative) is able to provide evidence-based lessons learnt for program implementation to make services accessible. Considering the user perspective when aiming to increase access to HIVtesting is vitally important as users have differing needs (pertaining to availability, affordability and acceptability). Tailoring HTS in line with these needs is critical if we are to build a more user responsive health system. The practical application of the findings make this a meaningful dissertation.

AFRIKAANSE OPSOMMING: MIV-toetsingsdienste (MTD) speel ’n belangrike rol in Suid-Afrika se respons op die MIV-epidemie en UNAIDS se ‘90-90-90’ strategie. Om die eerste ‘90’ te haal – die diagnose van 90% van individue wat onbewus is van hul MIV-positiewe status – is noodsaaklik om die algehele mikpunt te bereik. Openbare gesondheidsfasiliteite sal nie hierdie mikpunt alleen kan bereik nie, want fasiliteite word nie optimaal deur alle bevolkingsgroepe benut nie. Gemeenskapsgebaseerde toetsingsdienste wat buite openbare gesondheidsfasiliteite voorsien word, is nodig om toegang tot MIV-toetsing uit te brei, en moet ondersoek word. Tog is begrip van wat presies toegang tot gemeenskapsgebaseerde MTD behels beperk. Hierdie proefskrif het ’n raamwerk gebruik om toegang volgens drie dimensies te meet – beskikbaarheid, bekostigbaarheid en aanvaarbaarheid – om sodoende die toeganklikheid van ’n Gemeenskapsgebaseerde MIV-berading en-toetsing (GG-MBT) inisiatief te bepaal. Die inisiatief het uit mobiele en losstaande dienste bestaan. Die mobiele dienste was in die vorm van tente en ’n karavaan wat op besige plekke in die gemeenskap opgestel is. Die losstaande sentrums was vaste persele wat nie aan ’n gesondheidsfasiliteit gekoppel is nie. Die proefskrif sluit ses navorsingstudies in, waarvan almal in gemeenskappe wat in die Kaapse Metro-distrik van die Wes-Kaapse provinsie, Suid-Afrika, tussen 2008 en 2015 uitgevoer was. ’n Gemengdemetodebenadering is gebruik en het kwantitatiewe en kwalitatiewe studies sowel as ’n kosteontleding ingesluit. Deelnemers het ’n self-geïnisieerde MIV-toets by ’n mobiele of losstaande diens in ’n GG-MBT-inisiatief laat doen óf by ’n openbare gesondheidsfasiliteit. Sommige studies het van roetine gesondheidsdienste data wat tydens die GG-MBT-inisiatief ingesamel is gebruik gemaak; ander het weer data direk by deelnemers ingesamel wat hetsy die GG-MBT-inisiatief of ’n openbare gesondheidsfasiliteit gebruik het. Sowel prospektiewe as retrospektiewe data is ingesluit. ’n Konsekwente bevinding regoor die studies (hoofstuk 2, 4 en 7) is dat ’n hoër proporsie mans by mobiele dienste (40% tot 55%) eerder as losstaande sentrums en openbare gesondheidsfasiliteite gebruikers was (25% tot 27%). Aangesien min mans hulle by openbare gesondheidsfasiliteite vir MIV laat toets, lei dít tot die gevolgtrekking dat mobiele MTD in mans se gesondheidsbehoeftes met betrekking tot MIV-toetsing kan voorsien. ’n Konsekwente bevinding regoor die studies (hoofstuk 2, 3, 4 en 5) is dat die meerderheid gebruikers na die MTD gestap het, ongeag van watter diens hulle gebruik gemaak het. Dít dui op die belangrikheid van ’n geografies toeganklike diens wat individue in staat stel om in ʼn area wat naby aan hulle geleë is, te toets. Mobiele het ook verbygangers, wat nie op daardie stadium ’n MIV-toets oorweeg nie, ’n onmiddellike toetsingsgeleentheid gebied, wat die rol wat die geleentheid om te toets in toegang tot dienste speel beklemtoon. Diensverskaffers kan geleenthede skep en ʼn direkte rol in die beskikbaarheid van MTD hê. Aangesien meeste gebruikers na die MTD gestap het, het hulle weinig indien enige direkte koste aangegaan. MTD was in ons konteks bekostigbaar. Dienslewering naby gebruikers sal MTD-bekostigbaarheid vir die gebruiker verder verhoog en toegang verbeter (hoofstuk 2 en 4). Die grootste verskil rakende gebruikersaanvaarbaarheid, was wagtye: aansienlik korter by mobiele as losstaande sentrums en openbare gesondheidsfasiliteite (hoofstuk 2, 3, 4 en 5). Dít maak mobiele ’n praktiese opsie om bevolkingsgroepe wat nie in lang rye wil wag nie te bereik. Terugvoering oor gesondheidsorgwerkers se houding het gewissel. Gebruikers by mobiele en losstaande dienste het die personeel se ingesteldheid deurlopend as gunstig gerapporteer, terwyl gebruikers by openbare gesondheidsfasiliteite gemengde terugvoer gehad het. Die koste om mobiele en losstaande dienste te implementeer is belangrik wanneer die opskaal van dienste oorweeg word. ’n Mobiele diens kos oor die algemeen minder as ’n losstaande sentrum (onderskeidelik $77 764 en $96 616) (hoofstuk 7). Die gemiddelde koste per persoon wat by mobiele vir MIV toets was laer as by losstaande sentrums aangesien mobiele dienste meer gebruikers lok. Dit maak mobiele ʼn praktiese diens om op te skaal. Die gemiddelde koste om ’n MIV-geïnfekteerde persoon te diagnoseer en by MIV-sorg aan te sluit was egter hoër by mobiele as by losstaande sentrums. Die waarskynlikheid dat gebruikers by sorg sou aansluit was beduidend hoër onder diegene wat by losstaande sentrums gediagnoseer is as onder hulle eweknieë by mobiele (hoofstuk 6). Bewysgebaseerde intervensies vir aansluiting by sorg is daarom noodsaaklik voordat mobiele dienste opgeskaal kan word. Hierdie proefskrif bied waardevolle insig tot die beskikbaarheid, bekostigbaarheid en aanvaarbaarheid van mobiele en losstaande MTD (GG-MBT-inisiatief), asook oorwegings vir die opskaal daarvan. Die operasionele aard van die proefskrif (studies is op die bedrywighede van die GG-MBT-inisiatief gegrond) maak dit moontlik om bewysgebaseerde lesse vir program implementering te bied om dienste toeganklik te maak. In die strewe na verbetering is dit van die kardinale belang om toegang tot MIV-toetsing uit die gebruiker se oogpunt te beskou. Gebruikers het immers verskillende behoeftes (wat beskikbaarheid, bekostigbaarheid en aanvaarbaarheid betref). Om ’n meer responsiewe gesondheidstelsel te bou, moet MTD na gelang van hierdie behoeftes pasgemaak word. Die praktiese toepassing van die bevindinge maak hierdie ʼn waardevolle proefskrif.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103914
This item appears in the following collections: