Exploring sustainable urban automobility transitions : a transdisciplinary inquiry into the case of an isolated enclave in Cape Town, the South Peninsula

Henshilwood, Elizabeth (2018-03)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : Automobility, the overarching socio-technical system that maintains global automobile dependence, is a quintessential illustration of the twentieth century taking its revenge on the twenty-first (Dennis & Urry 2009). The reliance on private cars as the dominant mode of transport is having significant social, environmental and economic impacts on societies and hindering the global quest for sustainability. The research draws on sustainable transition theory, current approaches to sustainable cities, and sustainable transport literature to explore alternative transitions for a local manifestation of automobile dependence. The literature subsequently suggests that local socio-technical systems warrant a local response given its potential to either ‘accelerate, reshape or even disrupt’ a citywide or national mobility transition (Hodson & Marvin 2010: 480). The literature further points to the benefit of employing new ways of researching to recognise the complex nature of urban transportation. Transition theory has emerged as an academic field that explores ways in which such sustainable transitions can take place over time, with the ‘Multi-Level-Perspective’ (MLP) as a trusted theoretical framework. However, critics have pointed to potential shortcomings of this framework, in calling for transition analyses that are more sensitive to spatial and scalar characteristics - urging researchers to ask not only how transitions take place, but also where it takes place. This study is a direct response to this critique in presenting a ‘geographically embedded’ (Coenen, Benneworth & Truffer 2012) analysis of an isolated enclave in Cape Town. The South Peninsula is characterised by areas of spectacular natural beauty, yet constrained regarding urban expansion and accessibility due to the mountainous terrain and areas of protected biodiversity. The transport challenges are consequently plentiful, and social dynamics around increased development pressure and basic service delivery needs are tense. The research followed a participatory approach in conducting a transdisciplinary inquiry exploring potential short-term solutions to everyday reliance on the car. It included a pluralistic methodological approach combining a variety of research methods including the case study method (Yin 2009), netnography to study societal behaviour on a purposive social media group (Kozinets 2010), and a theoretical thematic analysis to reflect on the application of a transition theory framework, the MLP (Geels 2002). In support of transdisciplinary research (Hadorn et al. 2008; Brown, Harris & Russell 2010; Pohl 2010), principal findings are grouped into potential societal and scientific contributions. To this end, the research uncovered an interest for bottom-up societal solutions such as a local school bus and modern carpooling systems based on mobile phone technology. The study contributes to knowledge (science) in providing a transition analysis, using the MLP, that shows a myriad of forces and actors at play that renders a transition to a sustainable alternative in the near future doubtful. On the other hand, the research supports a critique of the MLP in showing that physical space (isolated enclave) and relational space (shared beliefs and perceptions) are significant factors that sustain inaction on the part of residents and authorities situated across geographic and institutional scales.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Voertuiggebruik (“automobility”), die oorhoofse sosio-tegniese stelsel wat globale voertuigafhanklikheid in stand hou, is die beliggaming van die 20ste eeu wat wraak neem op die 21ste eeu (Dennis & Urry 2009). Die afhanklikheid van privaat motors as die dominante vervoermiddel het beduidende sosiale, omgewings-, en ekonomiese uitwerkings op samelewings en belemmer die globale soeke na volhoubaarheid. Hierdie navorsing maak gebruik van volhoubare oorgangsteorie, hedendaagse benaderings tot volhoubare stede, en literatuur oor volhoubare vervoer om alternatiewe oorgange vir die plaaslike manifestering van voertuigafhanklikheid te ondersoek. Die literatuur stel voor dat plaaslike sosio-tegniese stelsels ’n plaaslike reaksie vereis; gegewe die potensiaal om ’n stadswye of nasionale beweeglikheidsoorgang te “versnel, hervorm of selfs ontwrig” (Hodson & Marvin 2010: 480). Die literatuur dui voorts die voordeel daarvan aan om nuwe navorsingsmetodes te gebruik om erkenning te gee aan die ingewikkelde aard van stedelike vervoer. Oorgangsteorie het na vore getree as ’n akademiese veld wat ondersoek instel na maniere hoe volhoubare oorgange plaasvind oor tyd; met die Veelvuldige-vlakke-perspektief (VVP) as betroubare teoretiese raamwerk. Kritici het egter moontlike tekortkominge van hierdie raamwerk uitgewys deur oorgangsontledings wat meer sensitief is vir ruimtelike en skalêre kenmerke te vereis, wat navorsers aanspoor om nie slegs te vra hóé oorgange plaasvind nie, maar ook wáár. Hierdie studie is ’n direkte reaksie op hierdie kritiek en verskaf ’n “geografiesvasgelegde” (Coenen et al. 2012) ontleding van ’n afgesonderde ingeslote grondgebied in Kaapstad. Die Suid-Skiereiland word gekenmerk deur areas van asemrowende natuurlike skoonheid, maar stedelike uitbreiding en toeganklikheid word beperk deur die bergagtige terrein en beskermde biodiversiteitsareas. Gevolglik is vervoeruitdagings volop, en sosiale dinamika rondom verhoogde ontwikkelingsdruk en basiese diensleweringsbehoeftes is gespanne. Hierdie studie het ’n deelnemende navorsingsbenadering gevolg deur middel van ’n transdissiplinêre ondersoek wat moontlike korttermynoplossings soek vir die alledaagse afhanklikheid van die motorkar. Dit het ingesluit ’n pluralistiese metodologie-benadering wat ’n verskeidenheid navorsingsmetodes kombineer; insluitende die gevallestudiemetode (Yin 2009), netnografie om gemeenskapgedrag op ’n doelgerigte sosiale media-groep te bestudeer (Kozinets 2010), asook ’n teoreties-tematiese ontleding om die toepassing van ’n oorgangsteorieraamwerk (die VVP) (Geels 2002) te oorweeg. Ter ondersteuning van transdissiplinêre navorsing (Hadorn et al. 2008; Brown et al. 2010; Pohl 2010), word die hoofbevindinge gegroepeer volgens moontlike gemeenskap- en wetenskaplike bydrae. Die navorsing het vervolgens ’n belangstelling ontdek in onder-na-bo gemeenskapoplossings, soos ’n plaaslike skoolbus en moderne saamrystelsels gebaseer op selfoontegnologie. Die studie dra voorts by tot bestaande kennis (wetenskap) deur ’n oorgangsanalise te verskaf, deur gebruik te maak van die VVP, wat aandui dat tallose magte en rolspelers ’n spoedige oorgang tot ’n volhoubare alternatief twyfelagtig maak. Daarteenoor ondersteun hierdie navorsing kritiek jeens die VVP deur aan te toon dat fisiese ruimte (afgesonderde ingeslote grondgebied) en verwante ruimtes (gedeelde oortuigings en persepsies) belangrike faktore is wat gebrek aan aksie deur inwoners en owerhede op teenoorgestelde geografiese en institusionele skale in stand hou.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103852
This item appears in the following collections: