Poesie op die podium : ’n ondersoek na die sosiale rol en betrokkenheid van performatiewe kultuurvorme, met spesifieke verwysing na Afrikaanse gedigte en lirieke

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this dissertation, “Poësie op die podium: ’n Ondersoek na die sosiale rol en betrokkenheid van performatiewe kultuurvorme, met spesifieke verwysing na Afrikaanse gedigte en lirieke” (Poetry on the podium: an investigation into the social role and engagement of performative cultural forms, with specific reference to Afrikaans poems and lyrics), I analyze performance poetry and all its manifestations in the cultural and literary system of Afrikaans. The history of performance poetry as original oral poetry is explained and then with a telescopic view I provide an overview of the American, Dutch, African and South African influences on the Afrikaans system. Different subcategories of “podium poetry” (podiumpoësie) in the Afrikaans system are identified and examples of each one is provided. Firstly my aim is to determine what the Afrikaans cultural and literary system, concerning performance poetry, consists of. Secondly I focus on the social role that this cultural form plays in society as a whole. I identified certain themes that are present in the manifestations of podiumpoësie in Afrikaans and tried to determine whether the socio-political commentary present in the examples can be viewed as engaged. Regarding theoretical support, I mostly relied on theories concerned with performance and performativity. As this study provides a broad overview of multiple systems, the polysystem theory introduced by Even-Zohar (1990) is used as theoretical background. I also used the model of approaches to literary theory by Abrams (1953) to organise the rest of the theories in this study. All the relevant elements (the artwork, the artist, the public and the reality it reflects) are present in podiumpoësie. The element of the artwork itself is supported by the theory of New Criticism, whereas the element of the performance artist is supported by performativity. Theories regarding the reception of artwork are used to look at the audience and their role in performance poetry and lastly, the universe or reality that is reflected in performance poetry is supported by using theories of engaged literature. My study provides an approach to performance poetry that relates specifically to the Afrikaans cultural and literary system. It seeks to firstly give a broad telescopic overview on what the system regarding this cultural product is, and secondly to zoom in microscopically on the Afrikaans system in order to determine the social role present in podiumpoësie.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie proefskrif, “Poësie op die podium: ’n Ondersoek na die sosiale rol en betrokkenheid van performatiewe kultuurvorme, met spesifieke verwysing na Afrikaanse gedigte en lirieke”, word daar gekyk na podiumpoësie en al die subvorme daarvan in die kulturele en literêre sisteem van Afrikaans. Eerstens word die geskiedenis van podiumpoësie as orale poësie bespreek en dan word daar met ’n teleskopiese blik gekyk na die Amerikaanse, Nederlandstalige, Afrika- en Suid-Afrikaanse invloede op die Afrikaanse sisteem. Verskillende subvorme van podiumpoësie in die Afrikaanse sisteem word geïdentifiseer en voorbeelde van elk word voorsien. Die doel is om te bepaal eerstens wat die Afrikaanse kulturele en literêre sisteem rakende podiumpoësie behels en tweedens wat die sosiale rol en betrokkenheid van hierdie kultuurvorm in die Afrikaanse sisteem is. Ek het sekere temas geïdentifiseer wat in die subvorme van podiumpoësie aanwesig is en gekyk of die sosio-politieke kommentaar in die podiumtekste gesien kan word as deel van betrokke literatuur. Ten opsigte van teoretiese begronding is daar meestal staatgemaak op teorieë wat performance en performatiwiteit behels, asook die polisisteemteorie soos voorgestel deur Even-Zohar (1990). Ek het die model van Abrams (1953) vir benaderingswyses in die literatuurwetenskap as vertrekpunt gebruik om telkens die betrokke elemente (die kunstenaar, die kunswerk, die gehoor en die werklikheid of universum) te ondersoek. Die podiumkunstenaar is met behulp van performance-teorieë ondersoek, die kunswerk self is benader met behulp van die teorieë van die New Critics, die element van die gehoor is in verband gebring met resepsieteorieë en laastens is die werklikheid of konteks waarin die podiumgedig plaasvind, ondersoek met behulp van teoretisering oor betrokke literatuur. Die studie verskaf ’n tweeledige benadering tot die kultuurvorm van podiumpoësie in die Afrikaanse kulturele en literêre sisteem. Eerstens poog dit om ’n breë, teleskopiese oorsig rakende dié kultuurvorm in die Afrikaanse sisteem te verskaf, en tweedens zoem dit mikroskopies in om die sosiale rol en betrokkenheid van poësie op die podium te bepaal.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Afrikaans poetry -- Criticism and interpretation, Performance poetry -- Social aspects, Performance poetry -- South Africa -- History and criticism, UCTD
Citation