Augmented reality assisted orthopaedic surgery.

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The aim of this study was to investigate the clinical e cacy and feasibility of an application of augmented reality assisted orthopaedic surgery (ARAOS) technology that focuses on supporting and enhancing current best practices in orthopaedic surgery. Through consultation with a representative from the Advanced Orthopaedic Training Centre at Tygerberg Hospital, wrist replacement surgery was chosen as the clinical problem on which to focus. A work ow aimed at providing maximum bene t for these types of procedures was conceptualised which involved making use of the two surgically removed bones to predict the remaining geometry by incorporating a statistical shape model into a shape estimation process. A simulated procedure based around one aspect of wrist replacement surgery was designed which allowed for a comparison to be made between using conventional navigational methods and that of using AR guidance to assist with surgical navigation. The results from this experiment indicate marginally inferior accuracy compared to the more conventional uoroscopic guidance. However, a reduction in procedural time, and a relatively short learning curve (intuitiveness) was observed when using AR guidance. Furthermore, with AR navigational assistance, both the patient and the surgeon are not exposed to harmful ionising radiation sources. In conclusion, it is the author's opinion that ARAOS technology appears to show clinical e cacy and feasibility for use in the operating room with potential to support and enhance current best practises in orthopaedic surgery while remaining a ordable and potentially more intuitive than other forms of navigational assistance.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die oogmerk met hierdie studie was 'n ondersoek na die kliniese doeltre endheid en uitvoerbaarheid van 'n toepassing van aangevulderealiteit-gesteunde ortopediese chirurgie-tegnologie (augmented reality assisted orthopaedic surgery [ARAOS] in Engels) wat bedoel is om bestaande beste praktyk in ortopediese chirurgie te ondersteun en te verbeter. Ná oorlegpleging met 'n verteenwoordiger van die Gevorderde Ortopediese Opleidingsentrum by die Tygerberghospitaal is polsgewrigvervangingschirurgie gekies as die kliniese probleem waarop daar in hierdie bepaalde studie gefokus word. 'n Werksvloei met die doel om die maksimum voordeel uit hierdie tipe prosedures te trek is gekonseptualiseer, wat behels dat die twee chirurgies verwyderde bene gebruik word om die oorblywende geometrie te voorspel deur 'n statisties gevormde model by 'n vormskattingsproses te inkorporeer. 'n Gesimuleerde prosedure gebaseer op een aspek van polsgewrigvervangingschirurgie is ontwerp ten einde 'n vergelyking te kon tref tussen die gebruik van tradisionele navigasiemetodes en dié wat aangevulderealiteit-(AR)-leiding as steun vir chirurgiese navigasie gebruik. Die resultate van hierdie eksperiment dui op geringe mindere akkuraatheid in vergelyking met die meer tradisionele uoroskopiese leiding, 'n vermindering in die tydsverloop van die prosedure, en 'n relatief kort waargenome leerkurwe (intuïtiwiteit) met die gebruik van die AR-leiding. Verder word nóg die pasiënt nóg die chirurg met die AR-navigasiesteun aan skadelike ioniserende stralingsbronne blootgestel. Ter afsluiting is die outeur van mening dat die ARAOS-tegnologie kliniese doeltre endheid en uitvoerbaarheid vir gebruik in die operasieteater toon met die potensiaal om bestaande beste praktyke in ortopediese chirurgie te ondersteun en te verbeter en meer bekostigbaar en intuïtief as ander vorms van navigasiesteun te kan wees.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Augmented reality, Navigation in surgery, Orthopaedic surgery, Surgical instruments and apparatus, UCTD
Citation