(Mis)identifying the phenomenological-semiotic locus of human sexual (in)difference

Mare, Alexander (2018-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH SUMMARY: The aim of this thesis is to critique the validity of selecting specific material features of human embodiment (such as sex or skin colour) as stable sources of identity. Insofar as such identities are generalised into rigid “types” of people using a feature of embodiment as an indicator of set membership (such as “male” and “female” within “sex”), I argue that such typologies necessarily misrepresent and subsequently mistreat people, since it is impossible to reduce human identity to either a single embodied feature or a small group of features, and therefore impossible to produce enduring descriptions of embodiment as a means of representing that identity. I hypothesise that such typologies are always descriptively distorted in attempting to describe human identity, despite being treated as universally applicable by their proponents, and consequently that attempts at deriving normative prescriptions from such typologies (such as racial segregation or heterosexual marriage) are bound to be unjustifiably exclusionary, since they differentiate and distribute moral treatment along an arbitrary and artificial axis of contingent and incomplete bodily sameness/difference. In critiquing the logic of appealing to embodied identity, I will focus on sexual embodiment and take the French feminist Luce Irigaray’s theory of sexual difference as an exemplar. Irigaray’s theory is a good example of an attempt at both deriving a universal typology of stable, unified human identities from specifically-selected bodily features, and at organising this typology into a social order. Irigaray’s theory assumes the existence of two and only two coherent sexual categories into which all persons naturally fall: male and female. It further assumes that the characteristics of each sex are not interchangeable between the sexes, and that these embodied features produce not only entirely different bodies but also entirely different subjectivities, capabilities, and worldviews. In contrast to the historical privilege accorded the male subject as the supposedly “universal” subject, Irigaray envisions a new society that breaks this hegemony of sameness with sexual difference, ordering society between two and only two different sexes. Part 1 of the thesis provides an exposition of Irigaray’s thought. Within Part 1, Chapter 1 explores Irigaray’s diagnostic critique of the patriarchal order. Chapter 2 explores the alternative to patriarchy presented in her own system of sexual difference. Part 2 of the thesis engages in a critical analysis of Irigaray’s theory. In Chapter 3 I argue that the most recent scientific evidence disproves the existence of two and only two sexes with distinct subjectivities, that the heteronormative and cisgender typology upon which Irigaray’s social vision rests unethically excludes non-binary persons and non-heterosexuals, that the sameness/difference binary is a pseudo-problem insofar as it still universalises “same” and “different” descriptions using the same contingent and arbitrarily-selected referent, and that both the patriarchal and Irigarayan definitions of “male” are distorted. With these findings I suggest that Irigaray’s notions of both “sex” and “difference” are untenable, problematizing her theory of “sexual difference” in general. Lastly, in Chapter 4 I briefly sketch the outline of an alternative theory of identity without embodied specificity, based instead upon the universally humanly shared characteristic of vulnerability.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis is om die geldigheid daarvan te beoordeel om spesifieke materiële kenmerke van menslike vergestalting (soos geslag of velkleur) as stabiele bronne van identiteit te kies. In soverre sodanige identiteite as rigiede “soorte” mense veralgemeen word deur ʼn kenmerk van vergestalting as aanduiding van groeplidmaatskap (soos “manlik” en “vroulik” onder “geslag”) te gebruik, voer ek aan dat sodanige tipologieë noodwendig mense vals voorstel en vervolgens verkeerd behandel, aangesien dit onmoontlik is om die menslike identiteit tot óf ʼn enkele vergestalte kenmerk óf ʼn groepie kenmerke te vereenvoudig, en dit dus onmoontlik is om blywende beskrywings van vergestalting te skep as ʼn manier om daardie identiteit te verteenwoordig. Ek hipotetiseer dat sodanige tipologieë altyd onvoldoende beskrywend is in die poging om die menslike identiteit te beskryf, ondanks die feit dat die voorstaanders daarvan dit as universeel toepasbaar bestempel, en dat pogings om normatiewe voorskrifte (soos rassesegregasie of heteroseksuele huwelike) vanuit sodanige tipologieë af te lei gevolglik uit die aard van die saak ongeregverdig uitsluitend sal wees, aangesien hulle op grond van ʼn arbitrêre en kunsmatige spil van kontingente en onvolledige liggaamlike eendersheid/verskillendheid onderskei en op morele behandeling besluit. In die beoordeling van die logika daarvan om jou op vergestalte identiteit te beroep, sal ek op geslagsvergestalting fokus en die Franse feminis Luce Irigaray se teorie van geslagsverskil as ʼn voorbeeld behandel. Irigaray se teorie is ʼn goeie voorbeeld van ʼn poging om sowel ʼn universele tipologie van stabiele, saamgebonde menslike identiteite van spesifiek uitgesoekte liggaamlike kenmerke af te lei, as om hierdie tipologie as ʼn maatskaplike bestel te organiseer. Irigaray se teorie maak die aanname dat daar twee en slegs twee koherente geslagskategorieë is waarin alle mense van nature val: manlik en vroulik. Dit maak voorts ook die aanname dat eienskappe van elke geslag nie uitruilbaar tussen die geslagte is nie, en dat hierdie vergestalte kenmerke nie slegs geheel en al verskillende liggame tot gevolg het nie, maar ook geheel en al verskillende subjektiwiteite, vermoëns en wêreldbeskouings. In teenstelling met die historiese bevoorregting van die manlike onderwerp as die kwansuis “universele” onderwerp, stel Irigaray ʼn nuwe samelewing voor wat hierdie hegemonie van eendersheid met geslagsverskille verbreek, en wat die samelewing in twee en slegs twee verskillende geslagte verdeel. Deel 1 van die tesis bied ʼn uiteensetting van Irigaray se denke. In hoofstuk 1 word Irigaray se diagnostiese beoordeling van die patriargale orde ondersoek. Hoofstuk 2 ondersoek die alternatief tot patriargie wat in haar eie stelsel van geslagsverskil aangebied word. Deel 2 van die tesis behels ʼn kritiese analise van Irigaray se teorie. In hoofstuk 3 voer ek aan dat die nuutste wetenskaplike getuienis die bestaan van twee en slegs twee geslagte met afsonderlike subjektiwiteite weerlê, dat die heteronormatiewe en cisgender tipologie waarop Irigaray se maatskaplike visie berus nie-binêre persone en nie-heteroseksueles heel oneties uitsluit, dat die eendersheid/verskillendheid-binêr ʼn pseudo-probleem is in soverre dit steeds beskrywings van “eenders” en “verskillend” universaliseer deur dieselfde voorwaardelike en arbitrêr uitgesoekte referent te gebruik, en dat sowel die patriargale en Irigarayaanse definisies van “manlik” te eng is. Met hierdie bevindinge stel ek voor dat Irigaray se begrip van sowel “geslag” as “verskil” onhoudbaar is, wat haar teorie van “geslagsverskil” oor die algemeen problematies maak. Laastens, in hoofstuk 4, skets ek kortliks die buitelyne van ʼn alternatiewe teorie van identiteit sonder vergestalte spesifisiteit, wat eerder op die universeel-menslike eienskap van kwesbaarheid gegrond is.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103732
This item appears in the following collections: