A case study of orchestration techniques in Primavera by Arnold van Wyk

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Primavera is an orchestral suite by the South African composer, Arnold van Wyk, which was first performed at South Africa’s last Union Festival in 1960. After the first performance, Van Wyk had continuously reviewed and made improvements to the work for almost twenty years. In addition, the composer left a large number of compositional sketches after his death, including that of Primavera, which are significant to gain an understanding of how Van Wyk tackled this grand orchestra work, especially with regard to his orchestration. The purpose of this thesis is a case study of Arnold van Wyk's Primavera, including the relevant sketches, an investigation aimed at establishing Van Wyk's approach to orchestration. This research led to an integrated investigation and discussion of three elements of orchestration (Balance, Texture and Timbre) and how it can be identified in the sketches and published edition of Arnold van Wyk's Primavera. The findings provide insight into Van Wyk's craftsmanship and approach to orchestration, which provides a foundation and methodology that can be applied to future research on both Primavera and Arnold van Wyk's other orchestral works.
AFRIKAANS OPSOMMING: Primavera is ‘n orkes-suite deur die Suid-Afrikaanse komponis, Arnold van Wyk, wat by Suid-Afrika se laaste Uniefees van 1960 vir die eerste keer uitgevoer is. Ná die eerste uitvoering het Van Wyk vir byna twintig jaar die werk voortdurend hersien en verbeteringe aanbring. Voorts het die komponis ‘n groot aantal komposisiesketse na sy dood nagelaat waaronder dié van Primavera beduidend is om ‘n begrip te kry van hoe Van Wyk hierdie grootse orkeswerk aangepak het, veral ook t.o.v. die orkestrasie daarvan. Die doel van hierdie tesis is 'n gevallestudie van Arnold van Wyk se Primavera, insluitend die tersaaklike sketsdokumente, ‘n ondersoek wat poog om Van Wyk se benadering tot orkestrasie vas te stel. Hierdie navorsing het gelei tot 'n geïntegreerde ondersoek en bespreking van drie elemente van orkestrasie (Balans, Tekstuur en Timbre) en hoe dit geïdentifiseer kan word in die sketse en gepubliseerde uitgawe van Arnold van Wyk se Primavera. Die bevindings bied insig in Van Wyk se vakmanskap en benadering tot orkestrasie, wat 'n grondslag en metodologie bied wat toegepas kan word op toekomstige navorsing oor beide Primavera en Arnold van Wyk se ander orkeswerke.
Description
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Van Wyk, Arnold, ǂd 1916-1983. Primavera, Instrumentation and orchestration
Citation