Child-friendly activities to assist young children in the identification of feelings: A core component of CBT-based anxiety intervention programmes

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The high prevalence of untreated anxiety symptoms amongst children worldwide, and in South Africa in particular, as well as the possible long term consequences thereof, underscore the need for prevention and/or early intervention programmes. Researchers have found that intervention programmes that are based on Cognitive Behavioural Therapy (CBT) are effective in addressing childhood anxiety and that early intervention seems to make a difference. This research project aimed to determine whether two child-friendly activities, namely the child-friendly feelings card sorting activity and the child-friendly feelings and bodily signs activity could assist a group of vulnerable young children to firstly identify basic feelings, and secondly to identify accompanying bodily signs associated with feelings. After the necessary ethical clearance was obtained and the necessary permissions were granted, data collection commenced. The participants consisted of a total number of 42 young children (aged 7 to 10 years) from a poverty-stricken South African community. Individual data collection sessions were conducted on the premises of a collaborating non-governmental organization (NGO) in the community in isiXhosa, English or Afrikaans or a combination of these languages, depending on the individual participant’s preferred language(s). Since the researcher is not proficient in isiXhosa, a trained isiXhosa-speaking interpreter assisted with data collection. This is a descriptive study, based on mainly qualitative data. The following data collection components were delivered in chronological order per individual participant: 1) Biographical questionnaire; 2) Introductory child-friendly drawing component to create a child-friendly atmosphere; 3) Activity 1: The child-friendly feelings card sorting activity; 4) Activity 2: The child-friendly feelings and bodily signs activity; 5) Semi-structured interview; and 6) Concluding favourite story-telling component. The following two tendencies emerged from the data collected by means of activity 1 (the child-friendly feelings card sorting activity): Firstly, on most occasions the feeling that a participant ascribed to a character in a narrative matched the feeling as intended by the researcher. Secondly, on most occasions a participant’s own emotional response matched the feeling that he/she ascribed to a character in a narrative. The following can be said regarding the main results obtained by means of activity 2 (the child-friendly feelings and bodily signs activity): While all 42 participants could identify accompanying facial expressions for at least one of the four basic feelings, only 2 (4.8%) of the participants could identify bodily signs that accompany a feeling. This study added value in the following ways: Firstly, the results indicated that this group of vulnerable young children could identify basic feelings such as feeling happy, sad, angry and scared, if assisted to do so in a context specific, culturally-sensitive, child-friendly way. Secondly, the results indicated that only 2 (4.8%) of the participants identified bodily signs associated with feelings. Thirdly, the way in which the study was conducted emphasised the importance of child-friendliness when conducting research with young children. Child-friendliness consisted of three aspects, namely: a child-friendly atmosphere in which to collect data; child-friendly content of data collection components; and child-friendly research procedures used to deliver data collection components. Knowledge gained from this study underscores the need for psycho-education about the identification of feelings and accompanying bodily signs. Knowledge gained from this study could contribute towards future planning and adaptation of activities on the identification of feelings, since this is one of the core components of CBT-based anxiety prevention and/or early intervention programmes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoë voorkoms van onbehandelde angssimptome onder kinders wêreldwyd en veral in Suid-Afrika, asook die langtermyngevolge daarvan, beklemtoon die behoefte aan voorkomings- en/of vroeë-intervensieprogramme. Navorsers het bevind dat intervensieprogramme wat gegrond is op kognitiewe gedragsterapie doeltreffend aangewend kan word in die behandeling van angs onder kinders en dat vroeë intervensie ʼn verskil blyk te maak. Hierdie navorsingprojek het ten doel gehad om te bepaal of twee kindervriendelike aktiwiteite, naamlik die kindervriendelike gevoelenskaart-sorteringsaktiwiteit en die kindervriendelike aktiwiteit oor gevoelens en liggaamlike tekens ʼn groep kwesbare jong kinders kan help om, eerstens, basiese gevoelens te identifiseer, en tweedens, liggaamlike tekens, wat geassosieer word met gevoelens, te identifiseer. Nadat die nodige etiese klaring en toestemmings verkry is, is daar met data-insameling begin. Die deelnemers het bestaan uit ʼn totaal van 42 jong kinders (7 tot 10 jaar oud) uit ʼn arm Suid-Afrikaanse gemeenskap. Individuele data-insamelingsessies het plaasgevind op die perseel van ʼn samewerkende nieregeringsorganisasie in die gemeenskap in Xhosa, Engels of Afrikaans of ʼn kombinasie van hierdie tale, na gelang van die voorkeurtaal/-tale van die individuele deelnemers. Aangesien die navorser nie Xhosa magtig is nie, het ʼn opgeleide Xhosa-sprekende tolk gehelp met die data-insameling. Hierdie is ʼn beskrywende studie, gegrond op hoofsaaklik kwalitatiewe data. Die volgende data-insamelingskomponente is aangebied per individuele deelnemer in kronologiese volgorde: 1) ʼn Biografiese vraelys; 2) ʼn Inleidende kindervriendelike tekenkomponent om ʼn kindervriendelike atmosfeer te skep; 3) Aktiwiteit 1: Die kindervriendelike gevoelenskaart-sorteringsaktiwiteit; 4) Aktiwiteit 2: Die kindervriendelike aktiwiteit oor gevoelens en liggaamlike tekens; 5) Semi-gestruktureerde onderhoude; en 6) ʼn Afsluitende gunstelingstorievertellingskomponent. Die volgende twee tendense het vanuit die data wat deur middel van aktiwiteit 1 (die kindervriendelike gevoelenskaart-sorteringsaktiwiteit) ingesamel is na vore gekom: Eerstens, die gevoel wat ʼn deelnemer aan ʼn karakter in ʼn narratief toegeskryf het, het in die meeste gevalle ooreengestem met die gevoel wat die navorser bedoel het. Tweedens, ʼn deelnemer se eie emosionele reaksie het in die meeste gevalle ooreengestem met die gevoel wat hy/sy aan ʼn karakter in ʼn narratief toegeskryf het. Die volgende kan gesê word rakende die hoofresultate wat verkry is deur middel van aktiwiteit 2 (die kindervriendelike aktiwiteit oor gevoelens en liggaamlike tekens): Alhoewel al 42 deelnemers gepaardgaande gesigsuitdrukkings vir ten minste een van die vier gevoelens kon identifiseer, kon slegs 2 (4.8%) van die deelnemers liggaamlike tekens, wat gepaardgaan met ʼn gevoel, identifiseer. Hierdie studie voeg op die volgende maniere waarde toe: Eerstens, die resultate toon aan dat hierdie groep kwesbare jong kinders basiese gevoelens soos blydskap, hartseer, woede en vrees kon identifiseer, mits hulle op ʼn konteksspesifieke, kultureelsensitiewe, kindervriendelike manier gehelp is om dit te doen. Tweedens, die resultate toon aan dat slegs 2 (4.8%) van die deelnemers liggaamlike tekens, wat gepaardgaan met gevoelens, kon identifiseer. Derdens, die manier waarop die studie uitgevoer is, het die belangrikheid beklemtoon van kindervriendelikheid wanneer navorsing onder kinders gedoen word. Kindervriendelikheid het uit drie aspekte bestaan, naamlik ʼn kindervriendelike atmosfeer waarin data ingesamel word, kindervriendelike inhoud van data-insamelingskomponente en kindervriendelike navorsingsprosedures wat gebruik word om data-insamelingskomponente aan te bied. Kennis wat vanuit hierdie studie bekom is, beklemtoon die behoefte aan psigo-opleiding in die identifisering van gevoelens en gepaardgaande liggaamlike tekens. Die kennis wat bekom is, kan bydra tot toekomstige beplanning en aanpassing van aktiwiteite aangaande die identifisering van gevoelens, aangesien dit een van die kernkomponente van kognitiewe gedragsterapie-gebaseerde angsvoorkomings- en/of vroeë-intervensieprogramme is.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Cognitive therapy, Anxiety in children -- Prevention, Emotions, Body language, UCTD
Citation