'n Streeksgeskiedenis oor die kusdorpe in die Strandveld van die Overberg, circa. 1940-1994

Date
2017-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The coastal region of the Strandveld between the villages of Gansbaai and Witsand has a history of human activity which dates back 3000 years. The first human inhabitants who lived in the region were Khoi-Khoi and Strandloper communities. The first European decendents moved into the region by 1831. The Europeans were granted loan farms in the area. Over the next 150 years, the coastal region of the Strandveld evolved from farms into towns and villages. Although a lot has been written on regional history in South Africa, histories on coastal regions seems to be in the minority. Other books and documentation containing historical information has been written on some of the towns in the region, but only offers information on a specific town or village and not the region as a whole. This thesis discusses a regional history of the coastal towns in the Strandveld in the period between 1940 and 1994. Furthermore, this thesis investigates three important aspects. Firstly, focus is being placed on the prehistory of the region. The existance of the towns and villages in the region is being discussed in this part. Secondly, the exploitation of ocean marine sources in the region is being examined. This section contains a discussion about the role played by subsistance fishermen, commercial fishermen and sport fishermen on the coastal region of the Strandveld. Finally, the study also includes a discussion of political as well as cultural changes which took place in the region and what impact it had on the Strandveld’s future existance.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die kusstreek van die Strandveld tussen die dorpe van Gansbaai en Witsand het ’n geskiedenis van menslike aktiwiteite wat ongeveer 3000 jaar terug dateer. Van die eerste menslike bewoners in hierdie tydsgewing was dié van die Khoi-Khoi en later die Strandlopergemeenskappe. Teen 1831 het die eerste Europese afstammelinge hul intrek in die Stranveldgebied geneem. Leningsplase is aan mense toegeken wat in die gebied ’n bestaan uit boerdery wou maak. Die gebied teen die kus het oor die volgende 150 jaar geweldig verander en dorpe het ontstaan op grond waar plase eens teen die see gegrens het. Hoewel daar baie geskryf is oor streekgeskiedenis in Suid-Afrika, is streeksgeskiedenisse van kusstreke yl gesaai. Daarby is die geskiedenis van die Strandveld se kusdorpe ook apart opgeteken in boeke en ander geskrifte en nié as ’n streeksgeskiedenis as geheel nie. Die doel van hierdie tesis is om ’n streeksgeskiedenis van die kusdorpe in die Strandveld, wat die tydperk tussen 1940 en 1994 dek, weer te gee. Daar word gefokus op die streek se geskiedenis met bespreking rondom die dorpe in die gebied. Drie belangrike aspekte is ondersoek. Eerstens word daar gefokus op die voorgeskiedenis van die dorpe in die streek. Die totstandkoming van die streek se dorpe is in hierdie deel bespreek. Tweedens word die rol wat ontginning uit die oseaan op die streek gehad het, belig. In dié afdeling is daar ’n bespreking van die rol wat bestaansvissers, kommersiële vissers en sportvissers in die kusstreek van die Strandveld gespeel het. Laastens ondersoek die studie ook politieke, sowel as kulturele veranderinge wat in die streek plaasgevind het en watter invloed dit op die voortbestaan van die gebied gehad het.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Regional history of coastal towns of the Strandveld, Overberg (South Africa) -- History -- 1940-1994, Strandveld (South Africa) -- History -- 1940-1994, UCTD
Citation