Tussen tale : 'n stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over aan die hand van literere teorie

Date
2014-08
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In die tweetalige digbundel oorblyfsel/voice over gebruik Breyten Breytenbach (2009) ’n ongewone vertaalstrategie wat nie geredelik deur die meeste vertaalteoretiese benaderings beskryf kan word nie. Dié strategie, oortekening (Odendaal 2011), behels dat sommige woorde foneties en/of grafies vertaal word eerder as semanties. Die verskil tussen die twee weergawes in die konteks van die tweetalige uitleg veroorsaak dat die tweetalige leser interessante interpretasies kan maak op grond van die twee weergawes saam deur heen en weer tussen die weergawes te beweeg – met ander woorde, deur stereoskopies te lees (Rose 1997). Hierdie artikel fokus op die vertaalverhouding tussen die Afrikaanse en Engelse weergawes in hierdie bundel wat deur oortekening en die tweetalige uitleg moontlik gemaak word en op die stereoskopiese lees- en interpretasieproses waaraan die tweetalige leser uitgenooi word om deel te neem. Drie konsepte uit die literêre teorie word op hierdie vertaalverhouding toegepas om sodoende ’n teoretiese raamwerk te skep waarin die bundel se vertaalaspek en die stereoskopiese lees- en interpretasieproses beskryf en begryp kan word: Pratt (1987, 1991, 1992, 1996) se contact zone, Bhabha (1993) se in-between en Lecercle (1990) se remainder word krities bespreek en in Afrikaans vertaal – as kontaksone, (in)tussen(in) en oorblyfsel onderskeidelik – voor dit op voorbeelde uit die bundel toegepas word. In die bundel skep die Afrikaanse en Engelse weergawes langs mekaar ’n kontaksone tussen die twee tale en tussen die weergawes in die onderskeie tale; die verskil in betekenis van die weergawes veroorsaak teenstrydigheid. Die (in)tussen(in) beskryf die tyd en ruimte van interpretasie wanneer en waar sowel hierdie teenstrydige betekenisse as die ooreenkomste tussen die weergawes gelyktydig teenwoordig is. Die oorblyfsel laat toe dat die onderskeid wat vertaling tussen vorm en betekenis maak, ontgin kan word om die meerduidigheid en betekenende veelvuldigheid van taal vry te laat.
In his bilingual collection of poems oorblyfsel/voice over, Breyten Breytenbach (2009) uses an unusual translation strategy that cannot readily be described by most approaches in translation theory. According to this strategy, "oortekening” (retracing) (Odendaal 2011), some words are translated phonetically or graphically rather than semantically. The difference in meaning between the two languages in the context of the bilingual layout of the collection makes it possible for the bilingual reader to make interesting interpretations based on the two versions together by going back and forth between the two. This article focuses on the translation relationship between the Afrikaans and English versions in oorblyfsel/voice over, a relationship made possible by retracing and the bilingual layout, and on the reading and interpretation process in which the bilingual reader is invited to participate.
Description
CITATION: Kirsten, E. & Feinauer, I. 2014. Tussen tale : 'n stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over aan die hand van literere teorie. LitNet Akademies, 11(2):659-687.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Breytenbach, Breyten, Literature -- Translations, Translating and interpreting, Literature -- Philosophy
Citation
Kirsten, E. & Feinauer, I. 2014. Tussen tale : 'n stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over aan die hand van literere teorie. LitNet Akademies, 11(2):659-687.