'n Verskuiwing na 'n oper en meer "pragmatiese" lees van Romeine 13:1–7?

Date
2015-08
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer. Die doel van die artikel is om die strategieë wat lesers in die onlangse verlede gebruik het, te ondersoek en te toets aan ’n indeling van interpretasies wat reeds in 1992 ontwikkel is. Veral na die groot magsverskuiwinge in die wêreld aan die einde van die vorige eeu en die toename van internasionale terreur het dié gedeelte weer in die kollig gekom. Die slotsom is dat nog steeds van bekende leesstrategieë gebruik gemaak word, maar dat daar ’n merkbare verskuiwing na ’n meer “pragmatiese” benadering is. Hierdie benadering aanvaar die kompleksiteit van sowel die teks as die verskeidenheid van lesers en hul onderskeie omstandighede en soek na maniere om in die matriks van mag en magsmisbruik, wet en orde, kritiese bewussyn, eie verantwoordelikheid en die nastreef van die algemene welsyn, werkbare en praktiese oplossings vir die omgang met mag te ontwikkel.
Romans 13:1–7 is a controversial text which continues to generate a wide spectrum of pro- and contra-readings. The passage raises (among others) questions regarding power and the origin of power, church and state, submission to authorities, civil disobedience and the pursuit of the common good. The purpose of the article is to analyse the strategies used by recent interpreters and to test these against a typology of readings already developed in 1992. After the shifts in global power at the end of the previous century and the rise of international terrorism, the passage again came under scrutiny. The conclusion is that readers continue to use well-known strategies, but that there is also a trend towards a “pragmatic” approach. This approach recognises the complexities related to the text, to the readers and to their very different contexts. In an attempt to negotiate the complex matrix of power and the abuse of power, law and order, critical consciousness, individual responsibility, and the pursuit of the common good, the goal is to find practical and workable ways to deal with the realities of power.
Description
CITATION: Lategan, B. 2015. 'n Verskuiwing na 'n oper en meer "pragmatiese" lees van Romeine 13:1–7? LitNet Akademies, 12(2):259-272.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Bible. Romans, XIII, 1-7 -- Criticism, interpretation, etc., Church and state, Civil disobedience
Citation
Lategan, B. 2015. 'n Verskuiwing na 'n oper en meer "pragmatiese" lees van Romeine 13:1–7? LitNet Akademies, 12(2):259-272.