The system will be unavailable for updates from 12:30 on Tuesday 23 May to prepare for the upgrade of the software platform.

AuII : skaars of afgeskeep? 'n Kritiese literatuuroorsig

Raubenheimer, Helgard G. (2016-06-17)

CITATION: Raubenheimer, H. G. 2016. AuII : skaars of afgeskeep? ’n Kritiese literatuuroorsig. LitNet Akademies, 13(2):39-68.

The original publication is available at http://www.litnet.co.za

Article

AFRIKAANSE OPSOMMING: Verbindings van AuII is reeds langer as 60 jaar bekend. ’n Literatuurstudie toon dat slegs ’n beperkte aantal struktuur- en bindingstipes tot dusver in suiwer vorm geïsoleer en gekarakteriseer kon word. Die grootste enkele groep bevat AuII as gekomplekseerde, kovalentgebonde [AuII–AuII]-eenhede en die twee goudatome is óf ligandgebrug (die grootste gros) óf óngebrug (’n handvol). Monokernige AuII-verbindings kom ook voor en word gekenmerk óf deur die teenwoordigheid van die eksotiese ligand Xe, óf weens chelaatvorming met bidentate of heksadentate S- of S- en O-donor-ligande, óf weens vierkantigvlak porfirien-kompleksvorming waarin imien-N en amied-N donorfunksies vervul. Die vorming van AuII gedurende nanogoudsintese, ’n rol daarvoor in homogene katalise, sowel as die stabilisering daarvan op verskillende vaste ondersteuningsplatforms, toon dat meer bruikbare toepassings in die toekoms verwag kan word. In die lig van resultate wat veral sedert 2000 verkry is, word die bestaande literatuur hier georden en bespreek en tekorte in die chemie van AuII uitgewys. Verskeie voorstelle vir verdere ondersoek word gemaak.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/101982
This item appears in the following collections: