Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer

Date
2007
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AFRICAN SUN MeDIA
Abstract
INLEIDING: Dit is die gebruik van die Universiteit Stellenbosch om met die vertrek van ’n rektor ’n geleentheidspublikasie die lig te laat sien. Inhoudelik was hierdie publikasies in die verlede anekdoties van aard, met ’n verskeidenheid bydraes wat biografies ’n verloop aandui en van waardering getuig. In beginsel is hierdie publikasie ’n voortsetting van hierdie gebruik, maar inhoudelik verskuif die klem na ’n oorsig oor en verslag van gebeure wat prof Chris Brink se vyfjaartermyn as Visekanselier en Rektor gekenmerk het. Op hierdie wyse word gepoog om ’n eietydse dokument daar te stel om as rekord van sy handelinge te dien. Prof Brink was nie te vinde vir ’n publikasie wat die verloop van sy lewe aandui nie. Anders as vorige Rektore van die US tree hy nie uit nie, maar het hy net voor die aanvang van sy tweede termyn bedank om ’n buitelandse rektorspos te aanvaar. Die inhoud van hierdie publikasie bied ’n verslag aan van die transformasieproses wat deur hom geïnisieer is, soos dit ook vergestalt word in sy sleuteltoesprake en -skrywes. Hierdie inligting is op die US se webblad gepubliseer soos dit gereeld verskyn het gedurende die jare 2002 tot 2006, terwyl die drie essays rondom transformasie as ’n oorsig oor sy termyn aangebied word. Aangesien die brondokumente in openbare domein was, word dit onveranderd aangebied ten einde die outentisiteit daarvan te behou.
Description
CITATION: Botha, A. (ed). 2007. Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer. Stellenbosch: AFRICAN SUNMeDIA. doi:10.18820/9781920689360.
The original publication is available from AFRICAN SUNMeDIA - www.sun-e-shop.co.za
The English version is available in this repository at http://hdl.handle.net/10019.1/101778
Keywords
Brink, Chris, 1951-, Stellenbosch University -- Presidents -- Biography, Education, Higher -- South Africa -- Stellenbosch, Educational change, College presidents -- South Africa -- Stellenbosch -- Biography
Citation
Botha, A. (ed). 2007. Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer. Stellenbosch: AFRICAN SUNMeDIA. doi:10.18820/9781920689360.