Nurses’ experiences on the use of Afrikaans for nursing documentation and handovers at a central hospital in the Western Cape

Mgoqi, Mangoyi (2017-03)

Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : Background: A traditionally Afrikaans central hospital in the Western Cape continues to use mostly Afrikaans for handovers and documentation despite an increase in the presence of isiXhosa speaking nurses. As not all isiXhosa speaking nurses are Afrikaans competent, it was necessary to explore the experiences of nurses regarding the use of Afrikaans for documentation and handovers, and how it may influence team cohesion and the quality of patient care rendered. Methods: A qualitative approach with a descriptive phenomenological design was used to explore nurses’ experiences on the use of Afrikaans for nursing documentation and handovers at a central hospital in the Western Cape. Purposive sampling was applied to select 12 participants of different language backgrounds and nursing categories. Permission to conduct the study was granted by the Health Research Ethics Committee of Stellenbosch University, the central hospital where the study took place and the individual participants. Data collection occurred with the use of semi-structured interviews which were transcribed verbatim and analysed using Colaizzi’s seven-step phenomenological method. Results: The four themes that formed the essential structure of the phenomenon were: differences which disunite, reverberations, historical influences and language discourses. Participants from different racial and language groups had varying experiences of the use of Afrikaans in the workplace. Language incompatibilities and the hegemonic role of Afrikaans in certain wards caused feelings of being ‘othered’, isolation and team divisions. Non-Afrikaans speaking participants felt that the use of Afrikaans for handovers and documentation impeded their ability to perform certain nursing duties and contributed to instances of omitted nursing care which may affect the quality of care rendered. Participants cited historical occurrences such as Apartheid as contributing to the use of Afrikaans at the institution and implicated those in higher positions for perpetuating the disregard for non-Afrikaans speakers. Certain Afrikaans speakers were adamant about holding on to their language lest it go into extinction. Some participants from both language groups felt that a common language, preferably English, would benefit all nurses involved in patient care. Conclusion: The findings of this study demonstrated that the use of Afrikaans for documentation and handovers does not contribute to team cohesion and the rendering of quality patient care. This could be attributed to the perceived lack of managers to enhance the implementation of language practices that accommodates non-Afrikaans speaking staff. It is recommended that institutions should implement language policies relevant to their nursing population demographics in order to improve quality of patient care delivered and increase cohesion of multi-cultural teams.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Agtergrond: `n Tradisioneel Afrikaanse sentrale hospitaal in die Wes-Kaap gaan voort om meestal Afrikaans vir verslaggewing en dokumentasie te gebruik, ten spyte van `n toename in die teenwoordigheid van isiXhosa-sprekende verpleegsters. Siende nie alle isiXhosa-sprekende verpleegsters ook Afrikaans magtig is nie, was dit nodig om verpleegsters se ervarings te ondersoek oor die gebruik van Afrikaans vir dokumentasie en verslaggewing, en hoe dit spaneenheid en die gehalte van die gelewerde pasientsorg beinvloed. Metodes: `n Kwalitatiewe benadering met `n beskrywende fenomenologiese ontwerp was gebruik om verpleegsters se ervarings rakende die gebruik van Afrikaans vir verplegingsdokumentasie en verslaggewing by `n sentrale hospitaal in die Wes-Kaap te ondersoek. Doelgerigte steekproefneming is aangewend om 12 deelnemers van verskillende taal agtergronde en verpleegkategoriee te kies. Toestemming om die studie te loods is van die Gesondheidsnavorsing- en Etiekkommittee te Universiteit Stellenbosch, die sentrale hospitaal waar die studie plaasgevind het en die individuele deelnemers verkry. Dataversameling is deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude wat verbatim getranskribeer is, gedoen en volgens Colaizzi se sewe-stap fenomenologies metode geanaliseer. Resultate: Die vier temas wat die essensiele struktuur van die fenomeen geskep het was: verskille wat verdeel, nagevolge, historiese invloede en taalgesprekke. Deelnemers van verskillende ras- en taalgroepe het verskillende ervarings oor die gebruik van Afrikaans in die werksplek gehad. Die onverenigbaarheid van taal en die oorheersende rol van Afrikaans in sekere sale het die gevoel van "anderswees", isolasie en verdeeldheid in die span geskep. Nie-Afrikaanssprekende deelnemers het gevoel dat die gebruik van Afrikaans vir verslaggewing en dokumentasie hulle vermoens beperk het om sekere verplegingstake te voltooi, en dat dit bygedra het tot gevalle van die gebrek aan verpleegsorg wat die gehalte van pasientsorg mag beinvloed. Deelnemers het historiese gebeurtenisse soos Apartheid genoem as een van die bydraende faktore tot die gebruik van Afrikaans by die onderneming en het diegene in hoer posisies geimpliseer vir die voordurende minagting van nie-Afrikaans sprekendes. Sekere Afrikaanssprekendes was vasbeslote om vas te hou aan hulle taal uit vrees dat dit tot uitsterwing gedoem sal wees. Sommige deelnemers van altwee taalgroepe het gevoel dat `n gemeenskaplike taal, verkieslik Engels, alle verpleegsters betrokke in pasientesorg sal bevoordeel. Gevolgtrekking: Die bevindinge van die studie het gedemonstreer dat die gebruik van Afrikaans vir dokumentasie en verslaggewing nie tot hegtigheid van die span en die lewering van gehalte verpleegsorg bydra nie. Dit kan toegeskryf word aan die waargeneemde trae bydraes van bestuurders om die implementering van taalpraktyke wat nie-Afrikaanssprekende personeel akkommodeer, te verhoog. Daar word aanbeveel dat ondernemings taalbeleide wat relevant is tot hulle verpleegsters se populasie demografie implementeer, ten einde die kwaliteit van pasientesorg en begrip tussen multi-kulturele spanne te bevorder.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/101323
This item appears in the following collections: