The secondary transfer effect of intergroup contact: attitude and empathy generalisation amongst white South African students at Stellenbosch University

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Intergroup contact is established as a powerful strategy for reducing intergroup prejudice. Many advances have been made towards understanding the mechanisms involved in contact’s prejudice-reducing effect, not least the emergence of cross-group friendships as an important dimension of contact and affective variables as mediators of intergroup contact effects (Hewstone & Swart, 2011). The present cross-sectional study undertaken amongst white South African students at Stellenbosch University (N = 866), further substantiates the recently advanced notion of the secondary transfer effect of intergroup contact (Lolliot et al., 2013; Pettigrew, 2009), whereby engaging in positive intergroup contact with one outgroup predicts not only positive primary outgroup attitudes, but also generalises towards secondary outgroups uninvolved in the contact situation. Using latent variable structural equation modelling, the present study examined the extent to which the secondary transfer effect of intergroup contact occurs towards both black (African) South Africans (primary outgroup) and coloured South Africans (secondary outgroup) via the mediating mechanisms of attitude and empathy generalisation. Results revealed that cross-group friendships with black (African) South Africans positively and significantly predicted improved attitudes towards coloured South Africans in general, after controlling for prior contact with coloured South Africans (i.e., the secondary transfer effect). These findings were replicated in a secondary outgroup model, in which cross-group friendships with coloured South Africans positively and significantly predicted improved attitudes towards black (African) South Africans in general, after controlling for prior contact with black (African) South Africans. Moreover, the present study found significant evidence for the operation of the secondary transfer effect via affective empathy generalising from the primary outgroup to the secondary outgroup. Cross-group friendships with black (African) South Africans predicted greater perspective-taking towards this primary outgroup, which, in turn, predicted greater affective empathy towards coloured South Africans, as well as a reduction in social distance towards this secondary outgroup. This effect was not observed in the secondary outgroup model. The present study further demonstrates the centrality of attitude generalisation as a powerful mechanism underlying the secondary transfer effect, and provides important avenues for future research regarding empathy generalisation. The present findings moreover offer practical means for shaping intergroup contact interventions aimed at reducing prejudice and promoting intergroup harmony in South Africa.
AFRIKAANS OPSOMMING: Intergroepkontak is gevestig as ’n kragtige strategie om intergroep vooroordeel te verminder. Daar is al baie vooruitgang gemaak met die verstaan van die onderliggende meganismes van die kontak-vooroordeel verhouding veral die rol van kruisgroepvriendskappe as ‘n belangrike dimensie van kontak asook affektiewe veranderlikes as bemiddelaars van intergroepkontak effekte (Hewstone & Swart, 2011). Die huidige deursneestudie, wat onderneem is onder wit Suid-Afrikaanse studente by Universiteit Stellenbosch (N = 866), bevestig die idee van die sekondêre oordrageffek van intergroepkontak (Lolliot et al., 2013; Pettigrew, 2009), wat inhou dat deelname in positiewe intergroepkontak met een uitgroep nie slegs positiewe effekte het op houdings teenoor die primêre uitgroep nie, maar ook veralgemeen na sekondêre uitgroepe wat nie by die kontaksituasie betrokke was nie. Met die gebruik van latente veranderlike strukturele vergelykingsmodellering, het die huidige studie die mate waartoe die sekondêre oordrageffek van intergroepkontak voorkom tussen swart (Afrikaan) Suid-Afrikaners (primêre uit-groep) en bruin/kleurling Suid-Afrikaners (sekondêre uit-groep), via die bemiddelingsmeganisme van houding- en empatieveralgemening, bestudeer. Die resultate het getoon dat kruisgroepvriendskappe met swart (Afrikaan) Suid-Afrikaners verbeterde houdings teenoor bruin/kleurling Suid-Afrikaners oor die algemeen beduidend positief voorspel het, nadat daar gekontroleer is vir vorige kontak met bruin/kleurling Suid-Afrikaners (met ander woorde die sekondêre oordrageffek). Hierdie bevindinge is herhaal in die sekondêre uitgroepmodel, waar kruisgroepvriendskappe met bruin/kleurling Suid-Afrikaners verbeterde houdings teenoor swart (Afrikaan) Suid-Afrikaners oor die algemeen beduidend positief voorspel het, nadat daar gekontroleer is vir vorige kontak met swart (Afrikaan) Suid-Afrikaners. Daarbenewens het die studie beduidende aanduidings getoon dat die sekondêre oordrageffek deur die affektiewe empatieveralgemening van die primêre uitgroep na die sekondêre uitgroep werk. Kruisgroepvriendskappe met swart (Afrikaan) Suid-Afrikaners het groter perspektiefneming teenoor hierdie primêre uitgroep voorspel, wat weer groter affektiewe empatie teenoor bruin/kleurling Suid-Afrikaners voorspel het, tesame met ’n vermindering van die sosiale afstand van hierdie sekondêre uitgroep. Hierdie effek is nie in die sekondêre uitgroepmodel gevind nie. Hierdie studie demonstreer die belang van houdingveralgemening as ’n kragtige meganisme wat die sekondêre oordrageffek onderlê en bied belangrike weë vir verdere navorsing oor empatieveralgemening. Verder bied dit praktiese maniere waarop intergroepkontak-intervensies ingerig kan word ten einde vooroordeel te verminder en intergroepharmonie te bevorder in Suid-Afrika.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Intergroup relations -- South Africa -- Stellenbosch University, Racism, South Africa -- Stellenbosch -- Race relations, Attitude (Psychology), Prejudice, Empathy, UCTD
Citation