The state of arts and entertainment reporting in Cape Town's community newspapers
Date
2017-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study analyses the state of arts reporting in Cape Town’s community newspapers. Arts reporting is an under-researched field in journalism, also in South Africa. One of the noticeable exceptions was a report by Media Monitoring Project (now Media Monitoring Africa) in 2006 about the state of South African arts journalism. Unfortunately MMP (2006) omitted community newspapers, which have an extensive reach, from their research focus. Millions of copies of these papers are printed and distributed free of charge to niche markets in rural and urban areas. Community newspapers thus are an important, and under-researched, part of the South African media landscape in general, and specifically in relation to arts reporting. This study contributes to new knowledge by focusing on a sample of community newspapers in Cape Town in order to analyse the state of their arts reporting, and compare it to the findings of the MMP’s (2006) research report, where applicable.
This study is informed by theories of normative functionalism, which view the ideal role of the media as contributing to, among others, an informed, educated, entertained and harmonious society. In order to analyse the research sample, both quantitative and qualitative research methods are employed. Newspaper content is analysed and interviews conducted with editors, journalists and other stakeholders in the arts and entertainment industry. The findings from the various methods are compared to achieve triangulation.
This study found that despite there being agreement on the importance of reporting on the arts, newsrooms were under-resourced and editors generally relied on news reporters with an interest in the arts – rather than specialist arts writers – to provide arts and entertainment content for their papers. There was also an overreliance on press releases supplied by public relations practitioners.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie analiseer die stand van kunsjoernalistiek in Kaapstad se gemeenskapskoerante. Kunsjoernalistiek is ʼn onder-ontginde gebied van die joernalistieke veld, ook in Suid-Afrika. Een van die opvallende uitsonderings is ʼn verslag in 2006 deur die Media Monitoring Project (nou Media Monitoring Africa) oor die stand van die Suid-Afrikaanse kunsjoernalistiek. Ongelukkig het MMP (2006) gemeenskapskoerante uit sy navorsingsfokus weggelaat. Die gemeenskapskoerante se invloed strek wyd, met miljoene eksemplare wat gereeld gedruk en gratis in nis-markte in stedelike en landelike gebiede versprei word. Gemeenskapskoerante is dus ʼn belangrike, en onder-nagevorsde, deel van die Suid-Afrikaanse medialandskap oor die algemeen, en spesifiek in verband met kunsjoernalistiek. Hierdie studie dra tot die kennisveld by deur op kunsjoernalistiek in ʼn steekproef van gemeenskapkoerante in Kaapstad te fokus, en dan die bevindings waar toepaslik met die van die 2006-verslag van die MMP te vergelyk. Hierdie studie word onderlê deur teorieë van normatiewe funksionalisme, waarin die ideale rol van die media onder meer gesien word as bydraend tot ʼn samelewing wat ingelig, opgevoed, vermaak en vreedsaam is. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes word gebruik om die navorsingsvrae te beantwoord. Gepubliseerde koerant-inhoud word ontleed en onderhoude met redakteurs, joernaliste en ander belanghebbendes in die kuns-en-vermaak-veld gevoer. Die bevindings van die verskillende metodes word vergelyk om triangulasie te bewerkstellig. Die studie het bevind dat alhoewel daar eenstemmigheid was oor die belangrikheid van kunsjoernalistiek in gemeenskapskoerante, nuuskantore nie genoegsaam toegerus is om dit behoorlik te doen nie. Redakteurs het byvoorbeeld oor die algemeen staatgemaak op nuusverslaggewers met ʼn belangstelling in die kunste om kunsverslaggewing te doen – eerder as op spesialiste. Gemeenskapskoerante het ook oormatig staatgemaak op persverklarings wat deur buite-instansies aan hulle verskaf is.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Arts -- Press coverage, Community newspapers -- South Africa -- Cape Town, Normative functionalism, Media Monitoring Project, Media Monitoring Africa, UCTD