'n Vergelykende ondersoek na die toekenning van debuutpryse vir Afrikaanse en Nederlandstalige poësie, 1990 - 2009

Bonthuys, Marni (2016-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In this thesis a comparative perspective is provided on the position of debut prizes for poetry in the Afrikaans and Dutch/Flemish literary fields between 1990 and 2009. Academic researchers tend to avoid the subject of literary prizes as well as the wider research terrain of literary evaluation. This is surprising, since literary evaluation is often a crucial activity within the study of literature and literary prizes are becoming more and more important in the literary field. Thus, the literary award as canonization mechanism is explored with particular focus on the debut prize for poetry that functions as an indicator of the canonization potential of new voices within a literary field. After a theoretical overview is provided of the selected debut prizes (and of a few other important prizes within the particular field), two chapters are presented about the selected Afrikaans and Dutch case studies. At the end of each of these chapters certain tendencies or patterns with regard to debut awards for poetry between 1990 and 2009 in Afrikaans and Dutch/Flemish are identified. In conclusion these tendencies in the different literary fields are compared. The methodological approach of this study is qualitative. Four debuts in Afrikaans and three debuts in Dutch are selected as case studies. These debuts were all awarded with more than one debut prize. The Afrikaans cases are: H.J. Pieterse for Alruin (1989), Ilse van Staden for Watervlerk (2003), Danie Marais for In die buitenste ruimte (2006) and Loftus Marais for Staan in die algemeen nader aan vensters (2008). Erik Menkveld for De karpersimulator (1997), Hagar Peeters for Koffers zeelucht (2003) and Ester Naomi Perquin for Servetten halfstok (2007) are the Dutch cases. The Afrikaans debut prizes identified are the Eugène Marais Prize, the Ingrid Jonker Prize, and the UJ Debut Prize; and in Dutch/Flemish the C. Buddingh’-prijs voor nieuwe Nederlandse poëzie; the Debuutprijs Het Liegend Konijn; the Vlaamse Debuutprijs/Herman de Coninck Debuutprijs; the J.C. Bloem-poëzieprijs; the Jo Peters Poëzieprijs; and the Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs. In the two chapters about the selected cases, reception studies of reviews as well as jury reports (of the particular debuts) are provided. Here the research of Olf Praamstra (1984) and J.A.A. Mooij (1973, 1979) on the arguments and criteria used in reviews is applied. The research of Katinka Dijkstra (1989) and Susanne Janssen (1994) on canonization is also used. Short descriptions of the profiles and public claims made by these lauded poets are discussed with regard to the field theory of Pierre Bourdieu (1993, 1994); as well as the work of Jérôme Meizoz (2010) about posturing and the research of Kees van Rees and Gillis Dorleijn (2005, 2006) on the role of poetics. The work of these researchers builds on Bourdieu's field theory. In addition to this institutional approach, a textual analysis of selected poems from the prizewinning works is also provided. Some of the identified patterns and tendencies are mentioned in these analyses.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar op vergelykende wyse gekyk na die rol wat debuutpryse vir poësie speel in die Afrikaanse en Nederlandstalige literêre velde tussen 1990 en 2009. Daar word tradisioneel min aandag in akademiese navorsing gegee aan die kwessie van literêre pryse asook die breër navorsingsterrein van literêre evaluering. Dít, terwyl literêre evaluering dikwels 'n kernaktiwiteit van die letterkundige is, met literêre pryse wat toenemend 'n toonaangewende rol speel binne die literêre veld. In hierdie studie word dié kanoniseringsmeganisme dus ondersoek met die fokus op debuutpryse vir poësie as 'n aanduider van die kanoniseringspotensiaal van sterk nuwe stemme binne die literêre veld. Ná 'n teoretiese oorsig asook 'n ondersoek van die debuutpryse (en enkele ander toonaangewende pryse) wat binne die onderskeie literêre velde ter sprake kom, word twee hoofstukke aangebied waarin onderskeidelik die Afrikaanse en Nederlandstalige gevallestudies bespreek word. Aan die einde van hierdie hoofstukke word bepaalde tendense geïdentifiseer met betrekking tot die debuuttoekennings vir poësie wat tussen 1990 en 2009 in Afrikaans en Nederlands/Vlaams gemaak is. Dié tendense in die verskillende taalgebiede word ten slotte vergelyk. Die metodologie wat in hierdie studie gevolg word, is kwalitatief van aard. Daar is vier bundels in die Afrikaanse veld en drie bundels in die Nederlandstalige veld geïdentifiseer wat as gevallestudies dien. Hierdie bundels is almal veelvuldig bekroon in die betrokke ondersoekperiode. Die Afrikaanse gevalle is: H.J. Pieterse se Alruin (1989), Ilse van Staden se Watervlerk (2003), Danie Marais se In die buitenste ruimte (2006) en Loftus Marais se Staan in die algemeen nader aan vensters (2008). Erik Menkveld se De karpersimulator (1997), Hagar Peeters se Koffers zeelucht (2003) en Ester Naomi Perquin se Servetten halfstok (2007) is die Nederlandstalige gevalle. Die debuutpryse wat ter sprake kom, is die Eugène Maraisprys, die Ingrid Jonker-prys en die UJ-debuutprys in die Afrikaanse veld; en die C. Buddingh’-prijs voor nieuwe Nederlandse poëzie; die Debuutprijs Het Liegend Konijn; die Vlaamse Debuutprijs/Herman de Coninck Debuutprijs; die J.C. Bloem-poëzieprijs; die Jo Peters Poëzieprijs; en die Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs in die Nederlandse/Vlaamse veld. In die twee hoofstukke oor die geselekteerde gevalle word resepsiestudies (resensies en jurieverslae oor die betrokke debute) aangebied. Hier word Olf Praamstra (1984) en J.A.A. Mooij (1973, 1979) se teorieë aangaande die argumente of kriteria wat voorkom in resensies toegepas; sowel as Katinka Dijkstra (1989) en Susanne Janssen (1994) se navorsing oor kanoniseringsindikasies. Uiteensettings van die profiele en uitsprake van die bekroonde digters word ook verskaf. Dit word bespreek aan die hand van Pierre Bourdieu (1993, 1994) se veldteorie; asook Jérôme Meizoz (2010) se postuurteorie en Kees van Rees en Gillis Dorleijn (2005, 2006) se navorsing aangaande literatuuropvattings. Hierdie teoretici se werk bou voort op Bourdieu se veldteorie. Naas 'n institusionele benadering word daar ook teksinterpretasies van geselekteerde gedigte uit die bekroonde debute aangebied waarin van die geïdentifiseerde tendense uitgelig word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/100342
This item appears in the following collections: