Comparing sustainable development potential of metal beneficiation industries by using publicly available sustainability information

Du Plessis, Johan Andre (2016-12)

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: South Africa has the largest mineral endowment in the world, yet the value it derives from these vast resources remains below potential. This is a direct result of the lack of local beneficiation of these resources (i.e. local valueaddition to resources) . This has led the South African government, and governments of other countries facing similar challenges, to pursue increased local beneficiation of its resources. As a result, policy-makers in South Africa and abroad are now faced with the expensive and time consuming process of selecting viable industries that can be developed to increase local beneficiation. The advent of mainstream corporate sustainability reporting and the subsequent flood of sustainability information into the public domain has now produced an opportunity to make use of this information to effectively select potential industries for which detailed feasibility studies can be done. More specifically, this project aimed to investigate the possibility of developing a framework that makes use of publicly available sustainability information to rapidly, and at a high level, compare potential metal beneficiation industries. This allows prioritisation of feasibility studies on industries showing the most local development potential. The framework is composed of 18 equally-weighted indicators; 6 for each of the three dimensions of sustainable development. The indicators are constructed from 30 sub-indicators selected from the GRI G4 sustainability reporting guidelines and 10 sub-indicators developed specifically for the framework. The indicators are aggregated using non-compensatory multi-criteria aggregation to produce a single index value for each sustainability dimension, thus allowing comparison of industries in terms of only three index values. Table 3.4 presents a summary of the indicators used in the framework. In order to test the utility and shortcomings of the framework, platinum beneficiation was used as case study. More specifically, the local production of catalytic converters and platinum jewellery was compared. The catalytic converter industry was found to be superior in the economic and social dimensions with 92 per cent and 81 per cent confidence, respectively. The platinum jewellery industry was found superior in the environmental dimension with 71 per cent confidence. The confidence intervals were calculated from 10 000 iterations in a Monte Carlo simulation conducted to quantify the impact of input uncertainty on the outputs generated by the framework. The superiority of the catalytic converter industry in two of the three dimensions supports the current development policy priorities in South Africa with much focus being placed on further development of the automotive industry. Based on the results generated by applying the framework to the platinum industry, it was concluded that the framework successfully facilitates the comparison of potential industries. The ease-of-use of the framework, rapid generation of results and hierarchical indicator structure (which allows efficient analysis of the results) were identified as some of the strengths of the framework. Some weaknesses identified included the possibility of subjectivity and embedded effects in input data that may distort the results generated and the dependence of the framework on publicly available information. It is recommended that further testing of the framework by application to more case study industries be done to ensure the framework indeed captures all necessary effects and adequately compares the industries. Further, broadening the framework to more explicitly include important and unique local factors is cited as a possible improvement that can be investigated in further studies. Finally, based on the successful comparison in this study, it is recommended that the framework be applied to more potential industries as to identify new opportunities and promote their development in South Africa.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is die mees mineraalryke land in die wêreld, maar die waarde wat plaaslik uit hierdie hulpbronne geput word, is steeds nie optimaal nie. Dít is ’n direkte gevolg van n tekort aan die veredeling van (plaaslike waardetoevoeging tot) hierdie hulpbronne. Die Suid-Afrikaanse regering, en die regerings van ander lande wat voor soortgelyke uitdagings staan, streef nou daarna om plaaslike waardetoevoeging tot hulpbronne te verhoog. As gevolg hiervan is beleidmakers in Suid-Afrika en in die buiteland nou besig met die duur en tydrowende proses om te besluit op lewensvatbare nywerhede wat plaaslik ontwikkel kan word om waardetoevoeging te verhoog. Die toenemende gebruik onder korporasies om jaarlikse volhoubaarheidsverslae te publiseer, het ’n invloei van volhoubaarheidsinligting in die openbare sfeer tot gevolg gehad. Dit het dit moontlik gemaak om hierdie inligting aan te wend om meer doeltreffende keuses te maak oor nywerhede waarvan die lewensvatbaarheid moontlik verder ondersoek kan word. Hierdie projek was daarom spesifiek daarop ingestel om ’n raamwerk te ontwikkel waarvolgens metaalveredelingsnywerhede vinnig en op hoë vlak kan vergelyk word aan die hand van volhoubaarheidsinligting wat in die openbare sfeer beskikbaar is. Daarvolgens kan ’n prioriteitslys van lewensvatbaarheidstudies oor nywerhede met ontwikkelingspotensiaal opgestel word. Die raamwerk wat in hierdie navorsing ontwikkel is, bestaan uit 18 aanwysers wat almal dieselfde gewig dra – 6 aanwysers vir elk van die drie dimensies van volhoubare ontwikkeling. Hierdie aanwysers is saamgestel uit 30 sekondêre aanwysers wat uit die GRI G4-riglyne vir verslagdoening oor volhoubaarheid geneem is, en 10 sekondêre aanwysers wat spesifiek vir gebruik in hierdie raamwerk ontwikkel is. Die aanwysers is by wyse van ’n nie-kompenserende multi-kriteria saamvoegingsmetode saamgestel om ’n enkele indekswaarde vir elke dimensie van volhoubare ontwikkeling op te lewer. Nywerhede kan dus maklik vergelyk word met verwysing na slegs drie indekswaardes. Tabel 3.4 verskaf ’n opsomming van die aanwysers wat in die raamwerk gebruik is. Platinum veredeling is gebruik as gevallestudie om die werkbaarheid en tekortkominge van die raamwerk te ondersoek. Spesifiek die plaaslike vervaardiging van katalitiese-omsetters en platinum juweliersware is vergelyk. Die navorsingsbevinding was dat die vervaardiging van katalitiese-omsetters in beide die ekonomiese en die sosiale dimensie beter vaar (met 92% en 81% sekerheid vir die onderskeie dimensies). Wat die omgewingsdimensie betref, vertoon die vervaardiging van platinum juweliersware beter (71% sekerheid). Die sekerheidsintervalle is bereken uit 10 000 iterasies in ’n Monte Carlo-simulasie wat gedoen is om te kwantifiseer watter invloed onsekerheid in die insetwaardes het op die uitkomste wat die raamwerk oplewer. Die bevinding dat die vervaardiging van katalitiese-omsetters in twee van die drie dimensies voordeliger behoort te wees, bevestig die prioriteite wat die huidige ontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika volg. Die beleid fokus meer op die verdere ontwikkeling van die motornywerheid as die ontwikkeling van ’n platinum-juwelierswarenywerheid. Op grond van die bevindings wat opgelewer is deur die raamwerk op hierdie platinumnywerhede toe te pas, is die gevolgtrekking gemaak dat die raamwerk inderdaad die vergelyking van nywerhede fasiliteer. Die raamwerk se sterk punte is, onder meer, dat dit maklik is om te gebruik, dat resultate vinnig bereken word en dat die aanwyserstruktuur hiërargies is, wat doeltreffende ontleding van resultate bevorder. Onder die tekortkominge van die raamwerk tel die moontlikheid dat subjektiwiteit kan insluip, dat onbekende onderliggende faktore in die insetwaardes verwringing van die opgelewerde resultate kan veroorsaak en dat die raamwerk afhanklik is van inligting wat in die openbare sfeer beskikbaar is. Daar word aanbeveel dat die raamwerk verder getoets word deur nog gevallestudies te onderneem (dit op nog nywerhede toe te pas) om na te gaan of die raamwerk inderdaad al die nodige faktore in ag neem en die betrokke nywerhede behoorlik vergelyk. Verdere navorsing kan die moontlikheid ondersoek dat dit verbetering sal meebring as die raamwerk uitgebrei word om belangrike en unieke plaaslike faktore meer uitdruklik in ag te neem. Laastens word daar, op grond van die geslaagde toepassing van die raamwerk in hierdie gevallestudie, aanbeveel dat dit gebruik word om meer nywerhede te vergelyk en sodoende nuwe ontwikkelingsgeleenthede uit te wys en die ontwikkeling daarvan in Suid-Afrika te bevorder.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/100320
This item appears in the following collections: