School of Accountancy
Permanent URI for this community
This Department was known as the Department of Accounting until 27 June 2013.
Browse
Browsing School of Accountancy by Subject "Academic achievement"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemMoedertaalonderrig : moedersmelk vir rekeningkundestudente?(LitNet, 2021) Dreyer, Jan; Ontong, Juan; Bruwer, ArmandIn Suid-Afrika ontketen moedertaalonderrig gereeld ’n emosionele debat rondom die behoud van Afrikaans. Gegewe die huidige vaardigheidstekort, veral in rekeningkunde, en die feit dat Afrikaans en Engels nie die enigste amptelike tale is nie, word die verskil tussen moedertaalen niemoedertaalstudente se prestasie op tersiêre vlak ondersoek. In hierdie studie word moedertaalonderrig gedefinieer as tersiêre onderrig wat ontvang word in dieselfde taal as die student se huistaal (hetsy dit ’n Engelse student is wat in Engels studeer, of ’n Afrikaanse student wat in Afrikaans studeer). Niemoedertaalonderrig word gevolglik gedefinieer as tersiêre onderrig waar ’n student nie in dieselfde taal as sy of haar huistaal studeer nie. ’n Gebalanseerde benadering word in hierdie studie gevolg deur nie te fokus op net Afrikaanse studente wat in Engels studeer nie. Vorige navorsing het getoon dit blyk dat daar ’n minimale verskil is tussen die prestasie van universiteitstudente wat moedertaalonderrig ontvang, en dié van studente wat nie in hul moedertaal studeer nie. Die primêre navorsingsdoelwit was dus om te bepaal of daar ’n beduidende verskil in prestasie is van studente wat in hul moedertaal studeer teenoor studente wat in hul niemoedertaal onderrig ontvang. Hierdie studie brei uit op vorige navorsing deur drie opeenvolgende jare van rekeningkundestudie – wat as drie vlakke van moeilikheidsgraad beskou word – in ag te neem. Die sekondêre navorsingsdoelwit was om te bepaal of die moeilikheidsgraad ’n rol kan speel in die belangrikheid van moedertaalonderrig. ’n Totaal van 9 323 prestasiepunte oor ’n tydperk van vyf jaar (2014 tot 2018) vir drie opeenvolgende jaar van tersiêre onderrig in finansiële rekeningkunde is ontleed. Die studente is verdeel tussen diegene met hul huistaal dieselfde as die onderrigtaal (genoem die moedertaalstudente), terwyl die res as niemoedertaalstudente geklassifiseer is. ’n Ontleding van verskille (analysis of variance of ANOVA) en Fisher se toets vir minste beduidende verskille (least significant difference of LSD) is op die gemiddelde prestasiepunte van die studente uitgevoer – per jaar, en vir die module as geheel. In die eerste- en tweedejaarsmodules blyk dit dat daar geen statisties beduidende verskil was tussen die prestasie van moedertaal- en niemoedertaalstudente nie. Hierdie bevinding strook met vorige navorsing. Op derdejaarsvlak blyk dit dat daar wel ’n beduidende verskil is tussen moedertaal- en niemoedertaalstudente. Hierdie verskil is net beduidend op die algehele vlak (as al vyf jaar in ag geneem is), en nie op ’n jaar-tot-jaar grondslag nie. ’n Groter daling in die prestasie van niemoedertaalstudente (in vergelyking met moedertaalstudente) word waargeneem namate die moeilikheidsgraad toeneem. Die studie dui daarop dat moedertaalonderrig ’n groter rol speel in moeiliker modules as wat noodwendig die geval by inleidende modules is. Gegrond op hierdie bevindinge word aanbevelings aan universiteite en die Departement van Hoër Onderwys gemaak.