Research Articles (Public Law)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Public Law) by Subject "Acquisitive prescription"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemEiendomsverlies deur verkrygende verjaring : onteiening sonder vergoeding - of nie(LitNet Academic, 2012-12) Van der Walt, A. J.; Marais, E.OPSOMMING: Verkrygende verjaring word meestal beskou as ’n gedeelte van die Suid-Afrikaanse reg wat redelik regseker en onproblematies is. Die klaarblyklik onkontroversiële aard van hierdie regsreël is egter onlangs in twyfel getrek deur die vierde kamer van die Europese hof vir menseregte in die Pye-saak, waar bevind is dat adverse possession – die common law-eweknie van verjaring – ’n onteiening sonder vergoeding behels, welke gevolg strydig met artikel 1 van die eerste protokol tot die Europese Verdrag vir Menseregte, 1950 is. Alhoewel hierdie bevinding op appèl omvergewerp is, beklemtoon dit die belangrikheid van die vraag of verjaring (wat ook eiendomsverlies sonder vergoeding tot gevolg het) op een lyn met artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet is. Om dit te beantwoord, ontleed ons die prosesse oor verjaring met verwysing na die FNB-metodologie. Hierdie artikel fokus spesifiek op die onteieningsvraagstuk, naamlik of verjaring ’n onteiening van regte ingevolge artikel 25(2) meebring. Ten einde dié kwessie aan te spreek ontleed ons hierdie regsreël teen die agtergrond van sekere kernaspekte van die Suid-Afrikaanse onteieningsreg, naamlik die aard van die onteieningsbegrip, die relevansie van staatsverkryging, welke regsbronne onteiening magtig, asook die metodes waarvolgens onteiening kan geskied. Laastens ondersoek ons die vraag of verjaring moontlik konstruktiewe onteiening behels. Deur hierdie ondersoek word getoon dat dit hoogs onwaarskynlik is dat verjaring onteiening meebring. Verjaring vind bykans altyd tussen private individue plaas en dus kan daar geen sprake van staatsverkryging van onteiende regte wees nie. Verder verleen die verjaringswette geensins onteieningsbevoegdheid aan die staat nie en maak hulle ook nie voorsiening vir vergoeding nie. Daarby kan verjaring ook nie maklik onder enige van die bestaande onteieningsmetodes tuisgebring word nie. Laastens redeneer ons dat konstruktiewe onteiening waarskynlik nie in die Suid-Afrikaanse reg bestaan nie. Gevolglik is dit dogmaties beter om verjaring te beskou as ’n nie-arbitrêre ontneming van eiendomsreg, welke ontneming nie ’n onteiening van regte tot gevolg het nie.