Doctoral Degrees (School of Public Leadership)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (School of Public Leadership) by Subject "Air -- Pollution -- Western Cape (South Africa)"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemBeleidsdinamika-analise van omgewingsbesoedelingsbeleid in die Wes-Kaap(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1994-11) Bakkes, Cornelius Meyer; Muller, Kobus; Fox, W.; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.AFRIKAANSE OPSOMMING : Omgewingsbesoedeling, verwysende na lugbesoedeling, waterbesoedeling en afvalbesoedeling in die Wes-Kaap, is grootliks die gevolg van menslike aksies. Sedert die koms van Jan van Riebeeck in 1652, maar veral na die tweede helfte van die twintigste eeu, is verskeie pogings aangewend om omgewingsbesoedeling met behulp van beleidsmaatreels te beheer ten einde te voorkom dat omgewingsbesoedeling hinderlik of skadelik vir menslike gesondheid sal wees. As agtergrond tot hierdie studie is 'n omgewingsbesoedelingsprofiel vir die tydperk 1960 tot 1990 van die Wes-Kaap saamgestel. Ter aanvulling word 'n teorestiese beskrywing van beleidsanalise en spesifiek die beleidsdinamikamodel en die invloed wat die algemene en spesifieke omgewingsfaktore op organisasies het, is die beleidsveranderinge wat omgewingsbesoedelingsbeleid ondergaan het, ontleed. Sodoende is die dinamika van omgewingsbesoedlingsbeleid in die Wes-Kaap getoets. Aanvanklik is die vernaamste beleidsvoorskrifte teen omgewingsbesoedeling in die Volkzgesondheidswet, 36 van 1919, aangetref. GEdurende die tweede helfte van die twintigste eeu het hierdie situasie drasties verander. Om te verseker dat daar meer doeltreffend teen omgewingsbesoedeling opgetree word het beleidsverdeling van bestaande beleid plaasgevind. Van die vernaamste beleidsverdelings het op sentrale owerheidsvlak voorgekom as gevolg van die totsandkoming van die Waterwet 54 van 1956, die Wet op die Voorkoming van Lugbesoedeling, 45 van 1965, en die Wet op Omgewingsbewaring, 100 van 1982. Binne plaaslike owerheidsverband en spesifiek die Munisipaliteit van Kaapstad bly dit dat die prosesbenadering en die invloed van algemene en spesifieke omgewingsfaktore op organisasies beleidsverdeling, beleidsopvolging, beleidsinstandhouding en beleidsbeƫindiging tot gevolg gehad het. Die navorsingstudie lei tot die gevolgtrekking dat omgewingsbesoedeling, en veral lugbesoedeling en waterbesoedling, tot 'n groot mate deur die voorgenoemde beileidsmatreƫls beheer en voorkom word.