SUN ETD - Theses and Dissertations
Permanent URI for this community
This community is a clearing house for masters and doctorates submitted via htp://etd.sun.ac.za
Browse
Browsing SUN ETD - Theses and Dissertations by Subject "People with disabilities"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemOm die evangelie in jou eie taal te sien : ervarings van in- en of uitsluiting van dowe persone in 'n gemeentelike konteks - 'n gevallestudie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-12-15) Oberholzer, Jan Hendrik; Nell, Ian; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and MissiologyAFRIKAANSE OPSOMMING: Kultuurdowe persone, wat hoofsaaklik Gebaretaal, as voorkeurtaal gebruik, beleef soms taalongeregtighede, linguistiese-marginalisering en stigmatisering. Die hoofstroom kerk sluit Kultuurdowe persone soms uit as gevolg hiervan. So word die Blye Boodskap vir Kultuurdowes verbloem. Die rede is, die kerk se taal, se simbole, kultuur, houdings en hul algemene siening oor Dowe persone, is verwyder van die Kultuurdowe Christene sʼn. Kultuurdowe persone word die geleentheid ontneem om hul priesterskap as Christen-gelowiges uit te leef. Die studie het binne die vakgebied Praktiese Teologie plaas gevind en die navorsingsfokus was op gemeentestudies. Die navorsing is kwalitatief, induktief, en sosiaal konstruktivisties van aard en die navorsingsresultate word as ʼn gevallestudie aangeteken. Die navorsingsvraag was, of Dowegelowiges, die ervaring van in-en of uitsluiting binne die Dowe Familiekerk (DFK), in Worcester, binne ʼn gemeentelike konteks ervaar het of nie. Daar is met ʼn aantal Kultuurdowe persone semi-gestruktureerde onderhoude gevoer. Die resultate is tematies ontleed met gebruik van ATLAS. Ti as navorsingsinstrument. In die Dowe Familiekerk (DFK) te Worcester, blyk dit dat Dowe lidmate uitsluiting ten opsigte van besluitnemingsprosesse beleef. Wanneer daar nie Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) tydens gemeentelike byeenkomste gebruik word nie, vind daar taalongeregtigheid plaas. Die navorsingsresultate toon aan dat die Dowe lidmate wel toeganklikheid en ʼn eenheid beleef te midde van ʼn ruim kulturele diversiteit en getuig dat die DFK tog ʼn geestelike tuiste vir hulle is. Die navorsing toon dat die volgende faktore in- en of uitsluiting beïnvloed, naamlik; toeganklikheid, verhoudinge en verandering. Hierdie drie het aanleiding gegee tot gevoelens van of in- en of uitsluiting van Dowe lidmate van die DFK. Die studie dra verder tot akademiese navorsing in Suid Afrika by, in soverre, dat die Dowe Familiekerk ʼn gawe vir die breër kerk is. Die lidmate van die DFK het binne een gemeente, horende-, Dowe-, sowel as meervoudige gestremdhede- en veelrassige lidmate. DFK bestaan ook uit lidmate van ʼn multi--kulturele afkoms.