Research Articles (Africa Open Institute)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Africa Open Institute) by Subject "Van Wyk, Arnold, 1916-1983"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemNaklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier(LitNet, 2017-09-09) Pauw, MarietjieHierdie artikel word aangebied as ’n kurering van die naklanke van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916–1983) se enigste komposisie vir dwarsfluit en klavier. Hierdie komposisie dra die ongewone titel Poerpasledam. Poerpasledam, in korrup-uitgespreekte Afrikaans vertaal vanuit pour passer le temps (“om die tyd te verwyl”) sou kon dui op onskuldige tydsverwyling. Die werk is in 1944 gekomponeer, uitgevoer, verwerk, en in 1981 weer uitgevoer in die huidige weergawe wat vandag tot beskikking van dwarsfluit-klavierduospelers is. Die ooglopende teenwoordigheid van geweld en oorlog in bepaalde kontekste van die werk blyk ’n invalshoek te wees wat die titel van die werk met aspekte soos tydsverwyling en pligsbesef verbind. Die ontstaanskontekste van hierdie komposisie word met vier openbare uitvoeringskontekste van die werk (1945, 1981, 2014 en 2016) in verband gebring. Metodologies maak die artikel gebruik van artistieke navorsing se verweefde benaderingswyses om kennis omtrent die spesifieke komposisie te ontsluit. Argivale bronne, tesame met twee eietydse uitvoerings deur die artikelskrywer as dwarsfluitspeler, werp lig op die herkontekstualiserings van elke uitvoering en ondersoek só die “potensiaal” vir betekenis in die inherente struktuur wat in die uitgevoerde konteks van die werk “verwesenlik” word. Die artikel sein verskeie naklanke van Poerpasledam as skepping. As naklank staan Poerpasledam uiteindelik as metonimiese instansie van skepping en herskepping en belig so die rol van kuns te midde van sosiale onreg en oorlog. As verdere naklank vind die artikelondersoek aangetrokkenheid tot die kurator Okwui Enwezor se voorstel dat kurering aanhou poog om die “inhoudsopgawe” van musiekkuns in eietydse kontekste te verbreed.