Research Articles (Curriculum Studies)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Curriculum Studies) by Subject "Adult education"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemVolwasse studente in hoeronderwysinstellings : die portefeulje-ontwikkelingskursus as 'n voorbereidingsmeganisme vir akademiese sukses(LitNet, 2016-02-23) Langeveldt, Faith; Frick, LiezelHoëronderwysinstellings moet toenemend aanpas by uiteenlopende, nietradisionele studentegemeenskappe, insluitend ouer volwasse studente. Die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, het bepaal hoe die erkenning-van-voorafleer- (EVL-) proses by een so ’n instelling die volwasse student voorberei om suksesvol te wees. Hierdie volwassenes se kennis, vaardighede en houdings wat op ’n alternatiewe wyse tot leer opgedoen is (hulle voorafleer) word deur middel van nadenke in die portefeulje-ontwikkelingskursus ontgin. Voorafleer word op dié wyse geïdentifiseer en gedokumenteer volgens die spesifikasies van die instelling. Studente se kognitiewe vaardighede word gestimuleer, hulle maak kennis met die formele opvoedingsdiskoers, en hulle verbeter hulle akademiese taalvaardighede. ’n Selfgeadministreerde vraelys, semigestruktureerde individuele onderhoude, asook die tekstuele data in die portefeuljes van die volwasse studente wat aan die studie deelgeneem het, is gebruik as databronne om die potensiële bydrae van hierdie proses tot die volwassenes se akademiese sukses te ondersoek. Die bevindinge van die studie dui daarop dat die holistiese benadering alle rolspelers betrek wat volwasse studente se kanse op akademiese sukses verbeter. Ondersteuningstelsels en mentorprogramme wat akademiese vooruitgang van volwasse studente bevorder, is ook beskikbaar. Die studente se eie motivering word hierdeur bevorder, wat verder tot hul akademiese sukses bydra.