Browsing by Author "Walters, Miriam C."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemBelewinge van eerste-generasie studente as beurshouers(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2019-12) Walters, Miriam C.; Carolissen, Ronelle; Stellenbosch University. Faculty of Education. Educational Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING : Suid-Afrika het 'n tekort aan swart (swart en bruin) geoktrooieerde rekenmeesters. Die Thuthuka-projek, geïnisieer deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR), het ten doel om die aantal swart rekeningkundige studente te vermeerder. Die Thuthuka-projek behels befondsing, sowel as 'n omvattende ondersteuningsprogram, vir swart en bruin studente om B.Rek-Rekeningkunde (of die ekwivalent) aan 'n SAICA-geakkrediteerde universiteit te studeer. Hierdie studie is daarop gemik om die belewenisse en ook die uitdagings en geleenthede wat die kampuslewe van die Universiteit aan eerste-generasie, voorheen-benadeelde beursstudente stel en bied, te verstaan. Meer spesifiek, het ten doel om die belewenisse van die eerste-generasie Thuthuka beurshouers uit voorheenbenadeelde agtergronde, wat opleiding as geoktrooieerde rekenmeesters ontvang, te ondersoek. Die narratiewe gevallestudie en/of stories, in kombinasie met verskillende leerteorieë, word aangewend om data te versamel. Hierdie data word versamel deur middel van die gebruik van semi-gestruktureerde onderhoude as deel van 'n kwalitatiewe benadering. Beide verhalende gevallestudies en leerteorieë maak voorsiening vir die insluiting van kontekste soos agtergrondgeskiedenis, die dag-tot-dag realiteite en die sosio-ekonomiese omstandighede van hierdie studente. Hierdie studie is dus 'n verhalende gevallestudie, gefokus op die ervarings van agt eerstegenerasie Thutuka-beurshouers van die betrokke universiteit se Skool vir Rekeningkunde. Die studie maak dus onderskeidelik staat op elk van die betrokke teoretiese raamwerke en konsepte om die opvoedkundige en psigososiale ervarings van eerste- generasie studente in hoër onderwys te verken. Die bevindings van hierdie studie kan ander studente help om sekere struikelblokke te oorkom, om sukses te behaal en kan gevolglik bydra tot die transformasie van die geoktrooieerde rekenmeestersberoep. Dit kan ook help om akademiese en ondersteuningspersoneel meer sensitief te maak vir psigososiale en opvoedkundige faktore wat ‘n negatiewe impak op hierdie studente se akademiese vordering mag hê.