Browsing by Author "Voges, Remona"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemAntjie Krog, gemeenskaplikheid en die behoefte aan interverbondenheid in Mede-wete (2014)(LitNet, 2019) Voges, RemonaIn hierdie artikel word die funksionering van die begrip interverbondenheid of interverbondenheid-tot-heelheid in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014) ondersoek. Die soeke na ‘n soort eenwording op verskillende vlakke dien as deurlopende onderliggende tema in die bundel. Die behoefte aan interverbondenheid, ‘n begrip wat nou saamhang met Afrikafilosofie, is ‘n tema wat deur Krog se oeuvre heen aandag geniet. Interverbondenheid is gefundeer in die Afrika-wêreldbeeld ubuntu, wat die verhouding tussen die self en die ander vooropstel. In hierdie artikel word daar veral gefokus op verskillende vorme van menslike verbintenisse en die belangrike rol wat die gemeenskap speel voordat egte ubuntu bewerkstellig kan word. Die beskouings van Afrika-filosowe soos John Mbiti, Ifeanyi Menkiti en Kwame Gyekye word betrek, aangesien Krog in haar benadering tot interverbondenheid by hulle beskouings aansluit (en sy gebruik dan ook die term interverbondenheid afwisselend met die term ubuntu). Krog bemoei haar in haar oeuvre veral met suksesvolle integrasie tussen die self binne ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Daar is egter deur Mede-wete heen die suggestie dat suksesvolle verbondenheid tussen die self en die ander baie moeilik, en selfs onmoontlik, is. Soos in A change of tongue (2003) word kos dikwels as medium tot versoening tussen die self en die ander voorgehou. In hierdie artikel sal ek poog om die hantering van die begrip interverbondenheid in Krog se bundel Mede-wete te ondersoek en na te gaan hoe dit by die begrip ubuntu in die Afrika-filosofie aansluit. Dit word aan die hand van gekose gedigte gedoen. Die gevolgtrekking is dat die voorbereiding van kos en die handeling van saam eet ‘n manier is om verbondenheid tussen die self en die ander te bewerkstellig.
- ItemDie hantering van die begrip ‘interverbondenheid’ in Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014)(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2017-03) Voges, Remona; Viljoen, Louise; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the concept of interconnectedness or ‘interconncectedeness-towards-wholeness’ and the functioning thereof in Antjie Krog’s poetry volume Mede-wete (2014). The search for a multilevel union serves a continuous theme in Mede-wete. The need for interconnectedness, a term closely linked to African philosophy, is a recurring theme in Antjie Krog's oeuvre. Krog's prose works Country of my skull (1998), A change of tongue (2003) and Begging to be black (2009), her anthology Kleur kom nooit alleen nie (2000) and her volumes of translated poems Met woorde soos met kerse (2002) and die sterre sê ‘tsau’ (2004), are discussed and presented as precursors to her use of the term interconnectedness and the contextualization thereof. Interconnectedness is grounded in the African worldview ubuntu, where the relationship between the self and the other are emphasized. This study focusses on and highlights the different forms of human connections and the key role of the community in the successful embodiment of ubuntu. The views of various African philosophers including John Mbiti, Ifeanyi Menkiti and Kwame Gyekye are presented, as Krog’s interpretation of interconnectedness (which she uses alternately with the term ubuntu) is in line with theirs. This study investigates the underlying mechanisms, evident in Mede-wete, concerning the expansion of the need for connectedness through the connection between the self and the human other; the human other in the form of the planet and the cosmos. Anthological aspects are initially presented and discussed in line with Krog's incorporation of Deleuze’s process of becoming (also addressed in Begging to be black), where living entities are in a continuous process of transformation. Secondly, Krog’s exploration of Bushmen spirituality, concerning the interwoven and interactive nature of the mundane and the supernatural, are discussed. Finally, it is determined how Krog, in Mede-wete, demonstrates the potential of a union with the non-human in the facilitation of interconnectedness between the self and the other.