Browsing by Author "Visagie, Stephan"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in 'n kettingwinkel(LitNet, 2014-12) Thom, Elmien; Visagie, Stephan; Matthews, JasonDie toewysing van voorraad aan winkels is een van die belangrike prosesse in die bestuur van ’n kettingwinkel. In die klerebedryf behels toewysingsbesluite onder andere die bepaling van hoeveelhede van elke grootte (byvoorbeeld klein, medium en groot) wat aan elke winkel gestuur moet word. ’n Gevallestudie van hierdie probleem in Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika, word in hierdie artikel beskou. In PEP word produkte by fabrieke bestel maande voordat dit in die takke beskikbaar is. Vanaf die fabrieke word die produkte na hul distribusiesentra verskeep, van waar dit per pad na die onderskeie takke versprei word. Onderliggend aan die verspreidingsnetwerk is ’n beplanningsproses en ’n toewysingsproses. Tydens die beplanningsproses word daar voorlopige toewysingsbesluite geneem. Tydens die toewysingsproses, wanneer daar meer onlangse verkoopsdata beskikbaar is, word die aanvanklike beplanning aangepas en word daar finaal besluit hoeveel van elke produk en grootte aan elke tak gestuur sal word. In hierdie artikel word modelle ontwikkel wat gebruik kan word wanneer hierdie finale toewysingsbesluite geneem word. Die doelwit van die modelle poog om voorraad só toe te wys dat geen winkel te min of te veel voorraad van enige grootte ontvang nie. Vier modelle word aangebied waarin die verwagte voorraad-tekorte en -surplusse by die takke geminimeer word. Twee van die modelle is doelwitprogrammeringsmodelle. Die eerste doelwitprogrammeringsmodel word nie aanbeveel nie, aangesien die tweede model beter resultate lewer in ’n korter oplossingstyd. Die tweede doelwitprogrammeringsmodel lewer goeie resultate, maar die oplossingstyd is in party gevalle te lank. Daarom is twee verslappings van hierdie model ontwikkel met die oog op die vermindering van oplossingstyd. Hierdie twee modelle lewer bevredigende oplossingstye en toon ’n gemiddelde verbetering van tot 27% op PEP se huidige oplossing volgens die verskillende maatstawwe.