Browsing by Author "Viljoen, Shani Claudia"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Post-koloniale vertaling van Vergilius se Eclogae: "In alle dele van die land is sulke onrus!"(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-03) Viljoen, Shani Claudia; De Villiers, AnnemarieAFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om ʼn hedendaagse vertaling van Vergilius se Eclogae in Afrikaans te skep. Met die koms van demokrasie het die Suid-Afrikaanse samelewing vanselfsprekend handomkeer verander. Sedertdien het daar op sosiale, sowel as politieke vlak, integrasie plaasgevind om ʼn demokratiese Suid-Afrika te vorm. As ʼn byproduk van hierdie sosiale integrasie het die manier waarop Suid-Afrikaners hulself uitdruk, veral rondom emosies soos verlies en vrees, ook verander. Daar bestaan daarom ʼn vraag vir post-1994 vertaling; ʼn vertaling aktief besig om aan die post-1994 literêre landskap te skaaf, en terselfdertyd ʼn produk van daardie landskap self. Vergilius se Eclogae verskaf die ideale bronmateriaal vir ʼn hedendaagse Suid-Afrikaanse vertaling vanweë die politieke aard van die werk. Met hierdie vertaling is daar spesifiek aandag geskenk aan die realiteit van die hedendaagse Suid-Afrikaner. Die tale van Suid-Afrika reflekteer die werklikheid van die mense wat daar woon, en so verander taal (en die werklikheid wat dit uitbeeld) ook daagliks. Met die wete dat daar konstante ruimte vir interpretasie is, en weens hierdie konstante ontwikkeling van taal, bly daar ook voortdurend ruimte vir verdere vertalings van die Eclogae. Die behoeftes rondom sekere vertalings hang gevolglik ook van die vertaal opdrag af. Onder leiding van hierdie opdrag, gegrond op teorieë rondom vertaling, het ek my eie vertaalteorie geskep, naamlik post-1994 vertaling. Post-1994 vertaal teorie is van toepassing op Suid-Afrikaanse vertalers wat met die unieke uitdagings van ons sosio-politieke werklikheid en ons land se posisie in die globale wêreld gekonfronteer word. ʼn Post-1994 vertaling is een wat gewortel is in post-koloniale bewustheid van mag; tussen die voorheen gekoloniseerde en die vorige koloniseerder, tussen die teks en die leser, tussen die betrokke tale en tussen die vertaler en haar gehoor. Hierdie teorie leen ook van funksionalistiese vertalings strategieë en bied ʼn vars perspektief op domestikering teenoor vervreemding.