Browsing by Author "Van der Merwe, Johan M."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie reis met kerkeenwording tussen die Verenigende Gereformerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika(AOSIS Publishing, 2012-12-04) Plaatjies van Huffel, Mary Anne; Van der Merwe, Johan M.Die artikel gee ’n historiese oorsig oor die kerkregtelike stryd tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (NGKA) en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) vanaf 1966. Op 14 April 1994 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGSK) en die NGKA verenig en het die VGKSA tot stand gekom (Acta VGKSA Algemene Sinode 1994:282). Op hierdie datum het die NGSK en die NGKA juridies ontbind en is die twee kerke tot ’n nuwe organisasie met volle regspersoonlikheid verenig (Skema VGKSA Algemene Sinode 1994:39). Hierdie eenwording het tot ’n kerkskeuring en etlike hofsake, wat in die guns van die NGKA beslis was, gelei. Die artikel poog om aan te dui hoe die kerk soortgelyke probleme op die weg na eenwording in die toekoms kan vermy, deur onder andere op die uitspraak, asook op die regsaspekte wat daaruit afgelei kan word, ag te slaan.