Browsing by Author "Van den Heever, Jurgens Abraham"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe comparative and functional cranial morphology of the early Therocephalia (Amniota: Therapsida)(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1987) Van den Heever, Jurgens Abraham; Cluver, M. A.; Stellenbosch University. Faculty of Science. Department of Botany and Zoology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die skedelmorfologie van die vroeë Therocephalia word bespreek op historiese, anatomies-vergelykende en taksonomiese grondslag. Daar word aangetoon dat die familienaam Scylacosauridae voorrang geniet bo die algemeen aanvaarde naam Pristerognathidae en dat ander historiese familiename binne die Therocephalia, te wete Alopecodontidae en Ictidosauridae ongeldig is en gevolglik binne die parameters van die enkele familie Scylacosauridae resorteer. Nuwe eksemplare het ook aan die lig gebring dat 'n digotomie binne die vroee Therocephalia bestaan en dat 'n tweede takson, gebaseer op 'n groot aantal anatomiese kenmerke, gevolglik uitgeken kan word. Die familienaam Lycosuchidae is beskikbaar vir hierdie takson. Al die geldige taksa wat voorheen in die Pristerognathidae, Lycosuchidae, Alopecodontidae en Ictidosauridae gegroepeer is, resorteer dus binne hierdie twee groepe. 'n Groot aantal taksa bestaan in die literatuur as gevolg van swak gepreserveerde eksemplare wat verkeerd geidentifiseer is. 'n Besondere poging is dus aangewend om al die eksemplare op 'n meer objektiewe grondslag te beoordeel. As gevolg hiervan het die aantal geldige taksa drasties afgeneem. Die Lycosuchidae word verteenwoordig deur die enkele takson Lycosuchus en die Scylacosauridae deur Scylacosaurus, Pristerognathus, Pardosuchus, Ictidosaurus, Glanosuchus en Alopecodon. Kladistiese analise van die afkomskenmerke toon dat die Scylacosauridae nader verwant aan die res van die Therocephalia is as aan die Lycosuchidae. Die Lycosuchidae word dus beskou as die sustergroep van die Scylacosauridae + die res van die Therocephalia. Numeriese en alfabetiese lyste van al die eksemplare wat ooit in die bostaande families geplaas is, word verskaf. Elke eksemplaar word uitvoerig bespreek en fotografies gedokumenteer met behulp van stereofotos in 'n poging om die evaluering daarvan so objektief as moontlik te maak en om die leser wat nie die eksemplare eerstehands kon inspekteer nie, te help.
- ItemThe cranial and cervical muscles of the South African limbless lizard Typhlosaurus aurantiacus aurantiacus Peters (Reptilia: sauria)(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1975) Van den Heever, Jurgens Abraham; Stellenbosch University. Faculty of . Dept. of .