Browsing by Author "Van Tonder, Steven"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemKerktoewyding deur die jonger generasies : hou verhoudingsbemarking die sleutel?(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2015-09) Theron, Edwin; Van Tonder, StevenTradisioneel fokus nie-winssoekende organisasies op die ouer generasies wanneer fondswerwing en ondersteuning verlang word, eerder as jonger generasies (soos Generasie Y). Hierdie benadering blyk egter kortsigtig te wees, aangesien Generasie Y-verbruikers daarvoor bekend is dat hulle graag by aktiwiteite wat ’n sosiale doel nastreef, betrokke raak. Kerke (as spesiale verskyningsvorm van nie-winssoekende organisasies) is geen uitsondering op hierdie reël nie. Hierdie studie fokus gevolglik op die bestuur van kerktoewyding onder Generasie Y-verbruikers. ’n Aantal aanduiders van kerktoewyding is geïdentifiseer vanuit die verhoudingsbemarking-literatuur. Data is aan die hand van ’n web-gebaseerde opname ingesamel onder 912 studente van die Universiteit van Stellenbosch, terwyl die statistiese ontledings gedoen is aan die hand van meervoudige regressieontledings. Die resultate van die studie toon dat Generasie Y-verbruikers hul besluit tot kerktoewyding aan oorwegend drie faktore toeskryf: afhanklikheid, klein-groep ondersteuning en opvolg. Die studie bevind voorts dat Generasie Y-verbruikers ten opsigte van kerktoewyding groter gemeenskaplikheid ervaar, en dat lidmate van tradisionele en nie-tradisionele kerke groter ooreenstemming ervaar as wat voorheen aanvaar is. Dit is veral insiggewend dat geslag ’n beduidende invloed op Generasie Y-verbruikers se besluit tot kerktoewyding het.