Browsing by Author "Van Dyk, Adean"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- ItemFilmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf(LitNet, 2019) Van Dyk, AdeanMichael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) verskyn in 2008. Aanpassings wat die filmverwerking aan die romanverhaal maak, lei tot ’n alternatiewe vertelling van die Triomf-verhaal. ’n Vergelykende studie wat hierdie aanpassings ondersoek, lewer insigte in die filmverwerkingsproses en kontemporêre adaptasiestudies op. Adaptasiestudies bestudeer die verhouding tussen filmverwerkings en hul brontekste en bied insiggewende vergelykingsmodusse tussen die twee media. Navorsers voer aan dat getrouheidskritiek tydens vergelykende studies vermy moet word. Gevolglik word alternatiewe vergelykingsmodusse ondersoek ten einde hiërargiese plasings van die romanteks bó die filmteks (of omgekeer) te vermy. McFarlane (1996:23) wys daarop dat vergelykende studies moet vasstel wat uit die romanverhaal behou is, wat verander is en wat die gevolglike interpretasie daarvan is. Leitch (2007:18) argumenteer dat die gapings tussen die twee tekste bestudeer moet word om vas te stel of die filmverwerking ’n nuwe vertelling van die oorspronklike verhaal bied. Doelbewuste aanpassings dui op die mate waarin die filmverwerking die bronteksverhaal interpreteer. Die Triomf-filmverwerking word met die romanverhaal vergelyk om die gapings tussen die twee tekste te identifiseer. Vergelykend word ondersoek hoe die romanverhaal aangepas is en of hierdie aanpassings op ’n interpretasie en dus ’n alternatiewe vertelling van die Triomfverhaal dui, met die verdere doel om ’n oorspronklike teks te lewer. Hier onder word die titel, tydruimtelike aspekte, struktuur en intrige, karakterisering, toneelseleksie en tematiek onder die loep geneem. Die artikel stel die volgende navorsingsvraag: Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel? Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die Triomf-filmverwerking ’n interpretasie lewer wat meer sinies en somber in toon is, met ’n suggestie dat hoop vir ’n vreedsame toekoms na die 1994-verkiesing nie moontlik is nie. As sodanig bied die Triomf-filmverwerking ’n alternatiewe vertelling van die romanverhaal en dien dit as ’n oorspronklike verhaal.
- ItemFilmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-12) Van Dyk, Adean; Adendorff, E. M.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.ENGLISH ABSTRACT: In this study the way in which a film adaptation adapts and interprets the literary novel it is based on in order to create a new story in the film medium is investigated. Not only does this ascertain the possible ways in which the novel is adapted to the film text, but it makes use of alternative methods of studying film adaptation than fidelity criticism, which is prejudice in favour of the novel as the film adaptation is regarded as a text secondary to that of the literary novel. The goal text is therefore regarded as the source text’s equal. A recent Afrikaans literary novel is compared to its film adaptation to determine how the adaptation interpreted and adapted the novel for the film medium. The texts studied are Triomf by Marlene van Niekerk (1994) and Michael Raeburn’s film adaptation thereof, Triomf (2008). Even though the novel and film are both narrative media with many narrative elements in common, the change in medium means that the adaptation cannot be faithful to the novel. Contemporary researchers argue that it is not the goal of an adaption to simply retell the novel’s story in the film medium, but rather to interpret it and adapt it to the unique properties of the film medium. Fidelity to the goal text is hereby accomplished. By so doing, the film adaptation produces a filmic retelling of the novel’s story, which can be regarded as an original story and functions independently from it source text. To produce a successful film adaptation of the novel the adapter must analyse and interpret the novel in terms of both literary and filmic elements. Knowledge of literature and film studies are therefore required. An overview of adaptation studies – the field of study of film adaptations – will be an asset to the adaptor as it provides insight to how film adaptations are studied and evaluated. The study of a film adaptation is thus not solely based on its relationship with its source text, but with how it interprets this text and adapts it for the film medium. Innovative arguments in adaptation studies concerning the comparison between the novel and its film adaptation are combined to study the gaps between the two texts: The manner in which the film adaptation changes the original story, adds to it, or takes away from it gives insight as to how the adaptation interprets the novel. Furthermore, the way in which the original story is adapted to fit the film medium’s unique properties is evident of the deliberate interpretation thereof. Finally, the way in which Raeburn’s film adaptation interprets Van Niekerk’s novel is discussed and if this interpretation can be regarded as an original story which can function independently from its source text. This study does not judge whether Raeburn’s interpretation is successful.
- ItemDie verwerkingsproses ten opsigte van toneelkeuse met verwysing na die rolprent Roepman(LitNet, 2014-08) Adendorff, Elbie; Van Dyk, AdeanDie herskrywing van literêre romans na draaiboeke vir verfilming is ’n populêre keuse onder filmmakers. Afrikaanse films beleef tans ’n opbloei, tog is die aantal filmherskrywings van Afrikaanse romans min in vergelyking met die totale aantal films wat vervaardig word. Tradisioneel word die studie van filmverwerkings vanuit ’n literêre domein gedefinieer en die draaiboek en uiteindelike film staan sekondêr tot die literêre roman as bronteks. Die studie van die verwerking van ’n roman na ’n draaiboek is een waaroor tot dusver, in vergelyking met studies in letterkunde en filmkunde, min geteoretiseer is. Daar is min Afrikaanse bronne oor die praktyk van verwerkings beskikbaar. Die draaiboekskrywer, as verwerker of herskrywer van die roman vir die filmmedium, moet verskeie verwerkingsprobleme gedurende die proses oorkom, insluitend die probleem van toneelkeuse en die vlak van getrouheid aan die bronteks. Die verwerkingsproses is nie so eenvoudig as om bloot die verhaal oor te skryf nie. Die draaiboekskrywer dra die verantwoordelikheid om die roman in gedagte te hou terwyl hy1 die verhaal vir die filmmedium herskryf. Verskeie kritici en akademici is dit eens dat die draaiboek uiteindelik as ’n aparte teks van die roman moet staan, maar steeds die essensie van die romanverhaal moet behou omdat dit die teks is waarmee die filmkyker die film vergelyk. Dit is net een argument in die verwerkingsdiskoers en in die praktyk is die draaiboekskrywer (en/of regisseur) verantwoordelik vir die besluit hieroor. Die vraag na hoe die proses van die kies van tonele plaasvind, asook die vlak van getrouheid aan die oorspronklike teks tydens die verwerking van ’n roman na draaiboek, word in hierdie artikel krities ondersoek. Die onlangse 2010-verfilming van Jan van Tonder se Roepman (2004) dien prakties as voorbeeld van ’n verwerkte draaiboek wat getrou bly aan die essensie van die oorspronklike teks. De Jager en die mededraaiboekskrywers se draaiboek (2010) word in die artikel prakties gebruik as voorbeeld van ’n onlangse Afrikaanse filmverwerking, spesifiek met verwysing na die proses van toneelkeuse en die probleem van getrouheid aan die roman. Met hierdie artikel bied ons ’n oorsig oor die verwerkingsproses van roman na draaiboek met Roepman as voorbeeldteks. Ons trek geen parallelle met ander films of draaiboeke nie.