Browsing by Author "Theron, P. F."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemUitverkiesing en etiek(AOSIS Publishing, 2002-08-06) Theron, P. F.Die leerstuk van die uitverkiesing is van fundamentele belang vir die gereformeerde tradisie. Gedurende die vorige eeu het leidende teoloë baie aandag bestee aan hierdie dogma, wat ongelukkig dikwels onopgemerk verbygegaan het by predikers en gewone lidmate. In besonder word in hierdie artikel gefokus op die teologie van Oepke Noordmans. Die uitverkorenes is dit nie op grond van hulle uitstaande kwaliteite nie, want juis die uitverkiesing leer ons dat God hoegenaamd nie kieskeurig is nie. Sy keuse word gemotiveer deur ons ellende. Dogmatiek en etiek (respektiewelik: geloof en lewe) is ten nouste verbonde. Die oorgang van leer na lewe wat ons aantref aan die begin van Romeine 12, word geneem as uitgangspunt. Die bekende gereformeerde adagium, soli Deo gloria, word identifiseer as die hart van sowel die gereformeerde dogmatiek as etiek.