Browsing by Author "Theron, Janina"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemListening in HIV counselling and testing: hearer signals in rural patient-counsellor HIV consultation(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-12) Theron, Janina; Anthonissen, Christine; Meyer, Bernd; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of General Linguistics.AFRIKAANS OPSOMMING: MIV en VIGS is sedert die 1980s ’n kommerwekkende nasionale gesondheidskwessie in Suid-Afrika. Na beraming het daar teen 2014 ʼn getal van 6,8 miljoen mense tussen die ouderdomme van 15 en 49 met MIV geleef (UNAIDS, 2015). Vrywillige Berading en Toetsing (VBT) is in 2004 landwyd geïmplementeer om die verspreiding van MIV te beperk. Die VBT-dienste is ingestel om die MIV-status van individue te bepaal en om diegene wat positief toets met berading by te staan ten einde tydige toegang tot die nodige behandeling en gepaardgaande verbetering van lewenskwaliteit te bied. Binne die groter genre van mediese diskoerse, is mediese konsultasie uitgewys as ʼn belangrike diskoerstipe wat reëlmatig gestruktureer is en dus in eie reg bestudeer behoort te word. So is daar reeds wetenskaplike aandag aan verskillende instansies van kommunikasie tussen gesondheidsorgdeskundiges en pasiënte gewy. As ’n gespreksubtipe binne mediese diskoers, is pre-toets MIV-berading in VBT tot dusver nie in wetenskaplike publikasies beskryf nie. Die protokol waarvolgens pre-toets VBT-berading gedoen word, verplig beraders om pasiënte in te lig aangaande verskeie MIV-verwante onderwerpe terwyl hul ook moet verseker dat pasiënte genoegsame begrip van hierdie informasie toon om ’n ingeligte besluit te kan neem rakende hulle instemming tot MIV-toetsing. Die doel van hierdie studie is om die generiese eienskappe van hierdie spesifieke mediese gesprekstipe te identifiseer. Hierdie studie is gesetel in die terrein van Taalwetenskaplike Pragmatiek en bied ’n kwalitatiewe analise van data wat ingesamel is by twee staatsbeheerde gesondheidsorginstansies in landelike dorpe in die Wes-Kaapse Wynlanddistrik. Die data bestaan uit 14 pre-toets MIV-beradingsessies wat in Afrikaans uitgevoer is. Die deelnemers is beraders en pasiënte. Beraders is in die plaaslike gemeenskap gewerf; hulle het geen mediese opleiding nie, maar het minstens graad 12 geslaag. Hulle het wel beperkte, MIVberadingstoegewyde voorbereiding vir die werk wat hulle in die klinieke doen. Pasiënte vertoon diversiteit ten opsigte van die rede vir hulle besoek aan die kliniek. Verder verseker die ligging van die klinieke ʼn redelik hoë mate van talige diversiteit onder die pasiënte. Met behulp van metodes ontwikkel binne die teoretiese raamwerk van Gespreksanalise (Conversation Analysis (CA)) (sien Sacks, Schegloff & Jefferson, 1974), ondersoek hierdie studie die organisatoriese elemente onderliggend aan die opeenvolging van taalhandelinge ten einde herhalende patrone te herken op grond waarvan generiese kenmerke van pre-toets MIV beradingsgesprekke geïdentifiseer kan word. Die manier waarop beraders deurentyd die rol van spreker inneem en gesprekke oorheers deur die meerderheid taalhandelinge te sentreer en orden rondom die oordrag van inligting, verseker ’n ongelyke verdeling van spreekbeurte. Aan die pasiënte wat nie met die konteks en prosedures vertroud is nie word dan ’n passiewe luisteraarsrol in die gesprek toegeken. In só ’n geval waar die pasiënt primêr ʼn luisteraarsposisie inneem, bestaan hoorderbydraes tipies uit betekenisvolle tekens wat as “hoordertekens” aan die spreker gerig is. Aangesien hierdie gesprekstipe kenmerkend ʼn hoë konsentrasie van sulke hoordertekens bevat, word hierdie tekens gekarakteriseer met verwysing na hulle vorm en funksie. Binne dié hoordertekens word verbale en nie-verbale kategorieë onderskei wat op kontekstuele, pragmatiese en intuïtiewe vlak op verskeie maniere bydra tot die gesprek. Die meerderheid van hierdie tekens is nie-verbaal (soos kopknikke of kort spraakklankuitings) en word meestal geproduseer ter erkenning of bevestiging van die sprekerbydraes, in aanmoediging van die voortsetting van die gesprek of in reaksie op spesifieke taalstimuli van die spreker/berader. Om op te som: sowel die analises van die generiese eienskappe van VBT-gesprekke as van die hoordertekens wat in die pre-toets MIV-beradingsgesprekke voorkom, bevestig dat hierdie gesprekke oorweldigend beradergesentreerd is. Beraders se rigiede strukturering van hierdie gesprekke om protokol na te kom, plaas beperkinge op die gesprek wat die pasiënte tot passiewe deelnemers reduseer wat almal eenders behandel word ten spyte van waargenome diversiteit in terme van kennis en behoeftes. Hulle word byvoorbeeld selde ’n spreekbeurt gegun, word maklik in die rede geval of verplig om hulle beurt vinnig te beëindig. Gevolglik is bevind dat beraders nie die kommunikatiewe doelwitte van die gesprekstipe ten volle verwesenlik nie. Hierdie studie bied ’n gespreksanalitiese karakterisering van VBT-konsultasies en ’n pragmatiese karakterisering van hoordertekens wat voorkom in VBT. Dit kan bydra tot beter begrip en bestuur van ’n area in MIV-sorg waar die behandeling van kwesbare pasiënte afhanklik is van wedersydse begrip tussen gespreksdeelnemers. Die bevindinge kan toegepas word in byvoorbeeld die ontwikkeling van nuwe opleidingsprogramme met die oog op toerusting van VBT-beraders om ’n pasiëntgesentreerde benadering in konsultasies te volg. Dit sal behels dat die fokus van die konsultasies verskuif van ’n geroetineerde vorm van inligtingoordrag na die skep van geleenthede waarbinne pasiënte op bevryde wyse meer onafhanklike bydraes tot die gesprek kan maak.
- ItemPragmatic assessment of schizophrenic bilinguals' L1 and L2 use : a comparison of three assessment tools(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009-12) Theron, Janina; Conradie, S.; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of General Linguistics.ENGLISH ABSTRACT: The term "schizophrenia" refers to a psychiatric condition which affects an individual's thought and speech (Eaton and Chen 2006). The verbal expression of schizophrenics can therefore be used as a tool for insight into the nature of schizophrenia as well as the cognitive processes of schizophrenics (Wróbel 1990:1). This thesis reports on a comparative evaluation of three pragmatic assessment tools, namely the Pragmatic Protocol (Prutting and Kirchner 1987), the Profile of Communicative Appropriateness (Penn 1985), and the Framework for Assessing (Children's) Conversational Skills (Rumble 1988), in order to establish which of these tools is most suitable for assessing the first language (L1) and second language (L2) pragmatic abilities of late bilingual schizophrenics. Four late bilingual schizophrenic patients participated in this study. A thirty minute informal interview was conducted with each of the participants in both their L1 and L2 and the speech samples were transcribed and then analysed by means of each of the pragmatic assessment tools. A careful examination of the results yielded by the three assessment tools, showed, firstly, that when presenting the results of a pragmatic assessment of schizophrenic speech, it is crucial that both quantitative and qualitative information be included: if the latter is excluded, a significant amount of information is hidden from the clinicians and/or linguists doing the assessment, as well as the people to whom they report their findings. Secondly, with respect to the characteristics of schizophrenic speech, the three instruments used in this study show that whereas most of the aspects of schizophrenics' linguistic abilities seem intact, their pragmatic skills are definitely impaired. Thirdly, regarding differential symptomatology in bilingual schizophrenics, this study concludes that none of the three assessment tools contributes to a better understanding of this phenomenon, and that, in fact, it is highly unlikely that any pragmatic assessment tool would be able to capture this phenomenon. Finally, it is recommended that clinicians assess bilingual patients in both languages, whenever possible, in order to determine the full range of symptoms experienced by the patient, to gain a better indication of the severity of the illness and to track the progress of the illness.