Browsing by Author "Steyn, J. E. T."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemBoer-uitbeeldings in Franse jeugliteratuur tydens die Anglo-Boereoorlog(AOSIS Publishing, 2010-07-13) Steyn, J. E. T.Voorstellings van die “ander” of die “vreemde” word grootliks beïnvloed deur die voorsteller se eie historiese konteks. Wanneer hierdie konteks verander, gebeur dit dikwels dat die voorstelling van die “ander” ook aangepas word by hierdie veranderings. Hierdie artikel kyk kortliks hoedat die Franse voorstellings van die Boere verskil in jeugromans wat vóór die Anglo-Boereoorlog geskryf is van jeugromans wat oor die Anglo-Boereoorlog handel. Vóór die oorlog word die Boer as ’n Nederlandse afstammeling beskryf wat byna agterlik en in uiterste eenvoud leef. Wanneer die Anglo-Boereoorlog uitbreek, word die Boer egter ’n soort alter ego vir die Franse wat indirek Frankryk se stryd teen die Britte voortsit. Hierdie artikel bespreek die manier waarop die Franse hulle voorstelling van die Boere aanpas sodat jong Franse lesers met die Boere kan identifiseer.