Browsing by Author "Rademeyer-De Kock, C. (Chantelle)"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Argeologiese ondersoek van historiese nedersettingspatrone in die westelike Overberg(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1993-12) Rademeyer-De Kock, C. (Chantelle); Deacon, H. J.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Geography and Environmental Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is n studie van landelike nedersettings in die westelike Overberg in die laat agtiende eeu en in die neentiende eeu. Historiese bronne en argeologiese opnames dra by tot die data rakende die ontwikkeling en organisasie van 18 plaaswerwe wat bestudeer is. Twee tipes nedersettings (werwe) word identifiseer naamlik eenvoudige (lae status) veeposstelsels en meer komplekse gemengde boerdery werwe. Die geskiedenis van grensuitbreiding en die sigbaarheid daarvan in die westelike Overberg toon n duidelike verkleining in skaal van strukture en 'n afskaling van stutussimbole in vergelyking met die Boland. Daar is tot die slotsom gekom dat die studie van stoflike kultuur in die westelike Overberg n belangrike onderdeel verteenwoordig van interpretasies van die nedersettingsgeskiedenis in die streek. Aanbevelings word gemaak ten opsigte van die bewaring van bogenoemde nedersettings.