Browsing by Author "Nakana, Elvis"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAnalysis of capital sources, owner objectives, and determinants of performance of wine farms in the Western Cape(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009-12) Nakana, Elvis; Mkhabela, T. S.; University of Stellenbosch. Faculty of Science. Dept. of Agricultural Economics.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beskik oor ’n diverse kapasiteit wat landbouproduksie betref en dit dra tot die sektor se algemene stabiliteit by; vandaar die bevordering van die Wes-Kaap as ’n aantreklike beleggingsektor. Die wynbedryf, wat ’n belangrike integrerende deel van die landbousektor in die Wes-Kaap uitmaak, speel ’n baie belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie en bied ontsaglike geleenthede met betrekking tot landboukundige beleggings in die Provinsie. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is bekend vir sy produkte van hoë gehalte. Tans word indirekte aanwysers soos die inkomste van produsente, die aantal nuwe wynkelders, asook die ouderdomsamestelling van wingerdstokke in Suid-Afrika, gebruik om die beleggings- netto toevloeiing in die wynbedryf te bereken. Die hoofdoel van hierdie studie is om die mees algemene bronne van kapitaal van wynplase en die mees algemene doelwitte wat wynboere in die Wes-Kaap probeer om te bereik, te identifiseer. Nog ’n doelwit is om daardie wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer wat die prestasie van wynplase in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beïnvloed. Om die ontleding te vergemaklik is die hoofprobleem in drie spesifieke doelwitte of subprobleme verdeel. Die studie het van verskeie metodes en tegnieke gebruik gemaak in ’n poging om relevante en akkurate data te verkry. Die verskillende bronne wat geraadpleeg is het persoonlike beraadslaging met deskundiges in die bedryf, artikels wat in verskeie akademiese vaktydskrifte en boeke gepubliseer is, referate wat by konferensies gelewer is, verhandelings van nagraadse studente, en ander artikels op die Internet ingesluit. Data-ontledings wat met die eerste en tweede subprobleme verband gehou het is met die gebruik van statistiese pakkette soos Excel en Stata in die vorm van veelvoudige kruistabulerings uitgevoer. In die derde probleem, naamlik om wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer wat die prestasie van wynplase in die Wes-Kaap beïnvloed, is ’n intervalregressiegelykstelling bereken deur van die Stata- statistiese sagtewarepakket gebruik te maak.