Browsing by Author "Muller, Stefanus Andreas"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie seinstelsel aan die Kaap, 1652-1795(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1992) Muller, Stefanus Andreas; Visagie, J. C.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of History.AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Seinstelsel is aan die Kaap opgerig omdat daar geen manier was om inwoners vinnig en doeltreffend uit die binneland op te roep wanneer hulle met die verdediging van die land moes help nie. Dit was 'n eenrigting kommunikasiestelsel vanaf die kasteel na die binneland en het gedien as kommunikasieskakel van die verdedigingstelsel. Die doel met die stelsel was nooit om boere in kennis te stel dat skepe in Tafelbaai aangekom het en hulle hul produkte kon bring om te verkoop nie. Eintlik was daar twee seinstelsels aan die Kaap. Die een is gebruik om bewindhebbers in kennis te stel dat daar skepe in aantog was en het terseldertyd Nederlandse skepe gewaarsku dat die Kaap steeds veilig was en hulle Tafelbaai of Valsbaai kon binnevaar. Die seinposte van hierdie stelsel was op Leeukop, Robbeneiland, Simonsbaai en Houtbaai. By elke seinpos was daar 'n kanon en 'n vlagpaal. Vir elke skip wat opgemerk is, is 'n kanonskoot afgevuur en 'n geheime seinvlag aan die vlagpaal gehys. Die bevel voerders van Nederlandse skepe is vooraf ingelig oor hoe die vlae moes lyk wat by die seinposte sou wapper. Die ander stelsel wat gebruik is om burgers op te roep, het in drie verskillende rigtings na die binneland ontwikkel, naamlik die Swartland, Boland en Overberg. Daar was 35 seinposte wat almal op hoe koppe of berge gelee was. Elke seinpos is deur 'n seinman beman wat gewoonlik die eienaar van die plaas was waarop die pas gelee was. By elke seinpos was daar 'n kanon met toerusting en die nodige benodigdhede waarmee seinskote afgevuur is. Afgesien van die kanonskote is daar ook by elke pos met behulp van vure rookseine gemaak. Wanneer die burgers wat rondom 'n seinpos gewoon het kanonskote gehoor en rookseine gesien het, was dit vir hulle 'n teken dat hulle onmiddellik na die Kaap moes gaan om met die verdediging van die land te help. Elke seinpos is gereeld deur 'n burgeroffisier geïnspekteer. Die offisiere is deur die burgerkrygsrade van die verskillende distrikte waar die seinposte gelee was, aangestel. In die tydperk 1652 tot 1795 is die seinstelsel by vier geleenthede op die proef gestel en het dit doeltreffend gefunksioneer.