Browsing by Author "Matshabane, Olivia Precious"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemExploring the influence of role models on the Career development process of school-going Adolescents from a low-income community in South Africa(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-12) Matshabane, Olivia Precious; Naidoo, Anthony V.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is alombekend dat rolmodelle `n formatiewe invloed op die lewe van individue kan uitvoer. Terwyl adolessente in lae-inkomste gemeenskappe gekonfronteer word deur verskeie loopbaanhindernisse, word daar beweer dat die teenwoordigheid van `n positiewe rolmodel die loopbaankeuses en algehele lewe van hierdie adolessente kan bevorder. Dit is daarom belangrik om te bepaal hoe rolmodelle die persoonlike- en beroepskeuses van jongmense beïnvloed. Die huidige studie poog daarin om die invloed van rolmodelle op die loopbaanontwikkelingsproses van hoërskoolleerders in `n Suid-Afrikaanse informele nedersetting te beskryf. Hierdie kwalitatiewe studie het die narratiewe geeksamineer van nege Graad 11 leerders tussen die ouderdomme van 16 en 20, van 'n lae-inkomste, grootliks isiXhosa-sprekende, peri-stedelike gemeenskaap in die Kaapse Wynland Distrik van die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die narratiewe was toegelig deur die gebruik van semi-gestruktureerde onderhoude en een fokusgroep onderhoud. Deur gebruik te maak van tematiese analise, het hierdie studie gepoog om te identifiseer wie die leerders as hul rolmodel(le) geselekteer het asook hoekom, hoe die gekose rolmodel(le) `n beduidende rol in die leerders se beroeps- en lewensplanne gespeel het, en hoe die leerders die aanloklike eienskappe van hul gekose rolmodel(le) toegepas het tot hul algehele beroeps- en lewensplanne. Die deelnemers se narratiewe was gekontekstualiseer op grond van die beginsels van die Sosiale-Kognitiewe Loopbaanteorie. Die bevindinge van hierdie studie dui daarop dat die invloed van rolmodelle, tesame met kulturele waardes, `n deurslaggewende rol speel om jongmense se besluite in te lig oor hoe hulle hul toekomstige beroepe kies en hoe die rolmodelle hul algehele beroeps- en lewensplanne beïnvloed.