Browsing by Author "Marais, Aletta Francina"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemNasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)-studente se verwagtinge van akademiese ondersteuning(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2015-12) Marais, Aletta Francina; Swart, Estelle; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding (TBOO)-kolleges word gerig deur beleid om akademiese ondersteuning aan alle studente, insluitende Nasionale Sertifikaat Beroepsgerig (NSB)-studente, te bied. Kolleges implementeer akademiese ondersteunings-geleenthede, soos ekstra klasse, maar dit word gewoonlik nie goed deur studente bygewoon nie. Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om die persepsies, verwagtinge en behoeftes van studente by ‘n TBOO-kollege ten opsigte van akademiese ondersteuning te verken sodat aandeelhouers insigte kan verkry in die behoeftes van studente. Die studie word omraam deur die sosiale konstruktivistiese teorie van Vygotsky deur ʼn teoretiese grondslag vir die navorsing te lê. Die studie is uitgevoer by ʼn plattelandse TBOO-kollege. Agtien NSB-studente het aan ʼn fokusgroepaktiwiteit deelgeneem waar hulle ʼn denkbeeldige webblad ontwerp het om sodoende hulle verwagtings van akademiese ondersteuning te verken. Na afloop van die aktiwiteit het hulle deelgeneem in ses groepe aan fokusgroepbesprekings waar die webbladontwerp en hulle verwagtings van akademiese ondersteuning bespreek is. Uit dieselfde groep het sewe studente deelgeneem aan individuele onderhoude. Alle onderhoude is opgeneem en verbatim getranskribeer. Die data is geanaliseer en in temas georganiseer deur die konstante vergelykende metode te gebruik. Bevindinge wys dat hierdie NSB-studente van akademiese ondersteuning verwag om ʼn sosiale behoefte te vervul. Studente wil in beheer wees van hulle eie leer en sien die rol van die lektor as dié van motiveerder en ondersteuner. Hulle verwag van akademiese ondersteuning om hulle taal- en studievaardighede te ontwikkel en om loopbaanvoorligting te verskaf. Studente het ʼn behoefte aan voldoende infrastruktuur en hulpbronne, soos ʼn studiesentrum, biblioteek en rekenaars om hulle studies te voltooi en beskou dit as akademiese ondersteuning. Hulle het ook ʼn behoefte aan ekstra klasse, maar wil toegang tot ʼn tutor hê wat vrae individueel kan beantwoord eerder as ʼn lektor wat klasgee tydens ekstra klasse.