Browsing by Author "Lourens, Amanda"
Now showing 1 - 4 of 4
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie gebruik van opmerkings as 'n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste(AOSIS Publishing, 2016-09-30) Lourens, AmandaBestaande riglyne oor die redigering van akademiese tekste (bv. dié van die US Taaldiens; internasionaal ook dié van die Institute of Professional Editors [IPEd]; die Editors’ Association of Canada [EAC]; en die Council of Australian Societies of Editors [CASE]) beklemtoon dat redigeerders nie aan die inhoud en struktuur van hierdie soort tekste behoort te verander nie. Dit is egter in die praktyk nie altyd duidelik presies hoe redigeerders probleme ten opsigte van inhoud en struktuur moet hanteer nie. Hierdie studie het ten doel om riglyne te verskaf vir redigeerders van akademiese tekste wat ’n prosesbenadering volg. Die redigering van agt akademiese artikels word ondersoek, met spesifieke verwysing na die hantering van opmerkings (comments) as ’n strategie om die outeur te bemagtig om self inhoudelike en strukturele veranderinge aan te bring. Opmerkings deur die redigeerders van hierdie artikels word beskryf, geïnterpreteer en geëvalueer, met die oogmerk om uiteindelik riglyne te gee vir ’n verantwoordbare redigeerstrategie.
- ItemThe loyalty of the literary reviser : author, source text, target text or reader?(University of Stellenbosch, Department of General Linguistics, 2017) Feinauer, Ilse; Lourens, AmandaThe processes of revision and translation, according to Mossop (2010:112-113), can address the problem of conflicting interests, goals and needs by taking different approaches. Translation, he suggests, should seek to achieve a balance between loyalty to the source text author and to the target text readers, whereas revision should serve the interests of the future readers of the text. As a result, revising activities will steer away from a linguistic or a text-based approach in order to prioritise the needs of the reader. The question, however, is whether revisers in literary translation processes do follow the suggested approach and prioritise the needs of the target readers. An empirical analysis of the metatextual discourse among the agents involved in three different literary translation processes seeks to answer this question. During the course of this analysis, a second question presents itself, namely whether self-revision and other-revision (Mossop 2010:167, 174) should be discerned as two distinct types of revision or whether this distinction could be refined. The results of the subsequent analysis give rise to the presumption that such a binary projection of the act of revision can be contested. It is instead suggested that revision can be plotted on a continuum, with self-revision by the translator as the one end and revision by others as the other end. The analysis of three Afrikaans novels translated into English by the same award-winning translator suggests that self-revision by the translator may find itself moving away from true self-revision (a process that is not influenced by feedback from agents other than the translator) initially to a second phase of self-revision that is shaped by revision by others (e.g. the author, reviser and editor).
- ItemProduk teenoor proses tydens akademiese redigering : opmerkings as aanduiders van redigeergerigtheid(Stellenbosch University, Department of Linguistics, 2014) Lourens, AmandaOmdat die redigering van akademiese tekste in Suid-Afrika gekenmerk word deur ’n gebrek aan standaardisering, is ’n verkennende beskrywing van redigeerders se werklike aktiwiteite tydens die redigering van hierdie tekste ’n nodige stap in die rigting van die formulering van riglyne of standaarde vir die redigering van akademiese tekste (Kruger en Bevan-Dye 2010). Die huidige studie gebruik die onderskeid tussen die sogenaamde produk- en prosesbenadering tot redigering as uitgangspunt om werklike redigeerprodukte te ondersoek. Die produkgeoriënteerde benadering plaas die klem op die eindproduk, sonder dat dialoog met die skrywer noodsaaklik geag word. Dit staan teenoor die prosesgeoriënteerde benadering wat eerder fokus op die teksredigeerder se rol as fasiliteerder in ’n proses wat die student se betrokkenheid by sy/haar eie skryfproduk beklemtoon. Moderne woordverwerkingstegnologie bied die funksie van opmerkings (“comments”) as ’n ruimte waarin interaksie met die student as skrywer moontlik is en só die prosesbenadering sigbaar maak. Die huidige ondersoek het ten doel om redigeerders van akademiese tekste (tesisse of proefskrifte) se benutting van die opmerkingfunksie in MS Word te beskryf en om afleidings rakende die redigeerder(s) se benadering te maak. Drie geredigeerde tesisse word empiries ondersoek. Dit blyk dat opmerkings wel deurgaans benut word, alhoewel die drie tesisse nie in dieselfde mate blyke gee van ’n benutting van opmerkings nie. Alhoewel die gebruik van die opmerkings in die drie redigeerprojekte op ’n aanwesigheid van die prosesbenadering dui, word hierdie benadering nie suiwer toegepas nie. Die uitkomste van hierdie verkennende studie dui nie slegs die rigting aan vir toekomstige navorsing nie, maar dui ook aan dat toekomstige standaardiseringsprosesse veral moet besin oor die redigeerder se rol en professionele identiteit, asook die verhouding tussen studieleier, student en redigeerder. Die opleiding van redigeerders behoort ook die eise van akademiese redigering as ’n spesifieke soort redigering te hanteer.
- ItemDie sigbaarheid van vertaaldheid in resensies van vertaalde Engelse en Afrikaanse romans(Department of General Linguistics, Stellenbosch University, 2021) De Roubaix, Lelanie; Lourens, AmandaDie neiging in die literêre kritiek om vertaalde werke as “oorspronklike” werke te resenseer, is alreeds deur verskeie navorsers ondersoek (sien byvoorbeeld Lambert 2010, Maier 2008, Paloposki 2012, en Schulte 2015). Dit beteken dat resensies baie selde daarvan melding maak dat die teks in der waarheid ’n vertaling is. Hierdie neiging van die kritiek om vertaalde tekste as “oorspronklik” te hanteer, is problematies. Vertalers en vertalings kan sodoende gemarginaliseer word, met negatiewe gevolge vir die vertaalprofessie sowel as vir die kanonisering van vertaalde romans (Leech 2005: 12). Vertalings en vertalers word voorts aan haas onmoontlike standaarde onderwerp, omdat resensente dikwels nie vertroud met vertaling is nie, en sodoende die nie-erkenning daarvan in die hand werk. Die studies waarna reeds verwys is, is in Europa uitgevoer, sodat daar ruimte is vir ’n soortgelyke studie in die Suid-Afrikaanse konteks. In hierdie studie val die fokus op resensies van vertaalde romans wat tussen 2006 en 2015 in Suid-Afrika gepubliseer is. Die ontleding sal lig werp op die vraag na die mate waartoe die vertaler en vertaalhandelinge in resensies sigbaar raak, en derhalwe of die resensering van vertaalde werke as oorspronklikes ook binne die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse Engelse literêre sisteem plaasvind.