Browsing by Author "Leroyer, Patrick"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemVerhoogde leksikografiese toeganklikheid in die oorgang van n toeristewoordeboek na n toeristegids as naslaanbron(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2009-03) Gouws, Rufus; Leroyer, PatrickAFRIKAANSE OPSOMMING: Die ontwikkeling van die leksikografi eteorie is daarop gerig om die produksie van beter woordeboeke te verseker. As naslaanbronne het woordeboeke ’n bepaalde data-aanbod, vertoon hulle sekere leksikografi ese strukture en moet hulle bepaalde leksikografi ese funksies bevredig. Talle aspekte van die teoretiese leksikografi e sou ook gebruik kon word in die beplanning en samestelling van ander naslaanbronne. In hierdie bydrae word gewys hoe bepaalde beginsels uit die teoretiese leksikografi e vir die daarstelling van ander naslaanbronne benut kan word. ’n Verhoging in die toegang tot data en ’n doeltreffender onttrekking van inligting word in die vooruitsig gestel in die geval waar bestaande toeristewoordeboeke opgeneem word in omvattender toeristegidse wat volgens ’n geleksikografi seerde benadering saamgestel is. Die fokus is op die benutting van leksikografi ese funksies en op ’n erkenning aan verskillende onderafdelings van die toegangsproses in naslaanbronne.