Browsing by Author "Kimambo, Gerald Eliniongoze"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe acquisition of (in)definiteness in English as a foreign language by Tanzanian L1 Swahili secondary school learners(2016-12) Kimambo, Gerald Eliniongoze; Conradie, Simone; Oosthuizen, Johan; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of General Linguistics.AFRIKAANS OPSOMMING: Die studie waaroor in hierdie proefskrif gerapporteer word, het ondersoek ingestel na die verwerwing van (on)bepaaldheid in Engels as Vreemde Taal (EVT) deur hoërskoolleerders met Swahili as eerstetaal (T1) in Tanzanië. Dit het gefokus op (i) die anaforiese, assosiatiewe en ensiklopediese kontekste (vir bepaaldheid), (ii) die eerste-verwysing, ondeursigtige en deursigtige kontekste (vir onbepaaldheid), en (iii) die gebruik van lidwoorde in spesifieke en nie-spesifieke kontekste, in geskrewe sowel as gesproke taal. Alhoewel Engels in Tanzanië die onderrigmedium is vanaf hoërskoolvlak, is dit steeds ‘n vreemde taal. Gevolglik ontvang meeste leerders slegs blootstelling aan Engels in die EVTklaskamer, en sukkel meeste EVT-onderwysers self met Engels (Qorro, 2006). Dit is dus nie verbasend dat hierdie leerders (onder andere) Engelse lidwoorde op nie-teikenagtige wyses gebruik nie. Die studie het ten doel gehad om vas te stel watter kontekste van die Engelse lidwoordstelsel op nie-teikenagtige wyses gebruik word deur Swahili-sprekende EVTleerders en om, gebasseer op die bevindings, voorstelle te maak aan EVT-onderwysers in Tanzanië aangaande watter kontekste spesiale pedagogiese aandag benodig. Terwyl Engels grammatikale bepaaldheid aandui deur sy lidwoordstelsel, dui Swahili semanties-pragmatiese bepaaldheid aan deur die konteks van interaksie. Om hierdie rede kon data van Swahili-sprekende EVT-leerders gebruik word om in die huidige studie die Lidwoordkeuse Parameter (Ionin, Ko & Wexler, 2004), die Fluktuasie Hipotese (ibid.), die Sintaktiese Misanalise Verklaring (Trenkic, 2007) en die Ontbrekende Oppervlaksinfleksie Hipotese (Prévost & White, 2000) aan te spreek. Gebaseer op ‘n kruislinguistiese analise van Engels en Swahili, was die spesifieke voorspellings dat Swahili-sprekende EVT-leerders lidwoorde sou weglaat op die elementêre vaardigheidsvlak, en dat hulle sou fluktueer tussen bepaaldheid en spesifiekheid op die intermediêre vaardigheidsvlak. Die gemengde-metodes studie waaroor gerapporteer word in hierdie proefskrif het die insameling behels van (i) kwantitatiewe data van 163 Swahilisprekende EVT-leerders deur middel van ‘n aanvaarbaarheidsoordeletaak, ‘n geforseerdekeuse-ontlokkingstaak en ‘n prentjie-beskrywingstaak, en (ii) kwalitatiewe data van 10 EVTonderwysers deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude. ‘n Analise van die kwantitatiewe data het aangedui dat die leerders die blotenaamwoordfrase-struktuur van hul T1 Swahili oorgedra het en ‘naamwoord+voornaamwoord’-afparings gebruik het om bepaaldheid aan te dui in Engels, Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v meestal op die elementêre vaardigheidsvlak. Hulle het ook gefluktueer tussen bepaaldheid en spesifiekheid. Wat die bogenoemde kontekste betref, het nie-teikenagtige taalgebruik meer voorgekom by die gebruik van die onbepaalde lidwoord, die anaforiese gebruik van die bepaalde lidwoord en die nie-deursigtige gebruik van die onbepaalde lidwoord, as by ander kontekste. Die onderhoud-data het gewys dat meeste van die onderwysers nie ‘n voldoende vlak van vaardigheid gehad het in Engels nie, en ook nie voldoende opleiding in die implementering van die huidige kurrikulum of kundigheid in die onderrig van die lidwoordstelsel op ‘n kommunikatiewe wyse nie. Die bevindings van die huidige studie dui op die noodsaaklikheid daarvan om die taal-in-onderrig beleid te hersien en om te verseker dat onderwysers opleiding ontvang in die implementering van die kurrikulum en in die gebruik van die Fokusop-Vorm benadering. Die studie sluit af met ‘n paar spesifieke voorstelle vir EVT-onderwysers in Tanzanië aangaande die onderrig van die Engelse lidwoordstelsel aan hulle Swahili-sprekende leerders.