Browsing by Author "Janse van Vuuren, Johan"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemPerspektiewe oor effektiwiteit vir polisiering : polisie-eenhede in Louis Trichardt(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2006-04) Janse van Vuuren, Johan; Uys, Frederik; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.AFRIKAANSE OPSOMMING : Die effektiwiteit van 'n openbare organisasie is belangrik, veral in 'n demokrasie, omdat die politici verantwoordbaar is aan die kiesers. Daar word gekyk na verskillende benaderings tot effektiwiteit van 'n organisasie. Die doelwitbereikings- en stelselbenadering beklee die dominante posisies, gevolg deur die strategiese belanghebbende- en mededingende waarde benaderings wat herhaalde teenstrydighede reflekteer. Die doelwitbenaderings definieer organisasie-effektiwiteit as die bereiking van doelwitte terwyl die stelselbenaderings op die proses fokus - organisasie-effektiwiteit word gedefinieer as die vermoe om insette te prosesseer, die uitsette te kanaliseer en om stabiliteit en balans in die stelsel te handhaaf. 'n Meer resente aanbieding is die strategiese belanghebbende benadering. Die benadering definieer organisasieeffekti witeit aan die suksesvolle wyse waarop die organisasie aan die behoeftes van die belange groepe in die omgewing voldoen. 'n Finale perspektief is gebaseer op die mededingende-waarde benadering wat bestaan uit 'n integrale raamwerk waarin alle veranderlikes se verwantskap tot mekaar, asook die rol wat persepsies speel vergelyk word. Die benadering poog om die groot hoeveelheid kriteria vir organisasie effektiwiteit te sintetiseer in vier modelle. 'n Ondersoek na die effektiwiteit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Louis Trichardt is gedoen. 'n Holistiese benadering tot polisiering behoort gevolg te word ten einde byte dra tot die verhoging van die effektiwiteit van polisiering. Ter afsluiting word verskeie kriteria vir effektiewe polisiering ge!dentifiseer en blyk dit dat die mededingende-waardebenadering geneem behoort te word om te bepaal of polisie-eenhede effektief is al dan nie.