Browsing by Author "Holzapfel, H. W.(Helmuth Wilhelm)"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie liedere van S. le Roux Marais : 'n geannoteerde katalogus(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1992) Holzapfel, H. W.(Helmuth Wilhelm); Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Scineces. Department of Music.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die besluit om 'n studie van s le Roux Marais te maak is gestimuleer deur die belangstelling en waardering wat gehore in die bui teland vir die komponis se liedere ui tgespreek het. Die hoeveelheid wetenskaplike navorsing wat tot dusver oor sy musiek gedoen is, is beperk en nie vry van vooroordeel nie. Hierdie studie het tot 'n herontdekking van vele van sy liedere gelei en in sekere opsigte ook tot 'n herwaardering van sy kuns. Besonderhede oor Marais se lewensgeskiedenis was tot dusver slegs onvolledig beskikbaar. Om 'n beter begrip van die komponis se musiek te verkry was di t noodsaaklik om eers sy biograf ie op te teken. Hierdie inligting gee insig in sy werksomstandighede as musiekonderwyser en pianis, as orrelis en koorleier, as skilder en komponis - en ook as mens. 'n Volledige lys van sy werke was ook tot dusver nie opgestel nie. Dit word vir die eerste keer in hierdie proefskrif gedoen. Marais was in die eerste plek 'n liederekomponis. Hy het egter ook 'n aansienlike hoeveelheid koormusiek, etlike stukke vir klavier, vir orrel, sowel as drie operettes gekomponeer. Marais se oeuvre hang nou saam met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal. Veral aan die begin van sy loopbaan was hy 'n baie aktuele komponis: heelwat van sy toonsettings het kort na die ontstaan van die betrokke gedigte die lig gesien. Op die manier het hy 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse liedereskat en die Afrikaanse kultuur in die algemeen gelewer. Die katalogus in Hoofstuk 5 is as 'n handleiding bedoel vir diegene wat vinnig en doeltreffend informasie oor 'n spesifieke lied wil he. Elke lied is aan die hand van verskillende hoofpunte ontleed, en die inligting word in 'n tienpuntesisteem met 'n beskrywing weergegee. Die opset van elke beskrywing is ui t die aard van die saak by elke lied verskillend. Ter wille van volledigheid is informasie oor Marais se ander werke as Hoofstuk 6 ingesluit. 'n Samevatting van sy komposisiestyl word in Hoofstuk 7 aangebied en sluit die proefskrif af. Marais was geinteresseerd in kuns in die algemeen. Sy eerste groot lief de was die musiek en hy het meer as 150 werke gekomponeer. Sy tweede liefde was die skilderkuns ~n hy het tussen 120 en 130 skilderye, meestal stillewes en blomstudies, gemaak. Marais was 'n instinktiewe komponis. 'n Ontledende aard, formele tegnieke en woordgetroue verklanking is vreemd aan sy styl. Hy gebruik 'n soort neo-romantiese idioom, en die beste eienskap van sy musiek is sy melodiee. Hulle is byna altyd gelaai met gevoel en warmte. aanspreek. Hulle is daarom verstaanbaar en kan 'n wye publiek Onder sy tydgenote wat dieselfde idioom gebruik het, verteenwoordig Marais se musiek 'n hoogtepunt. Marais is reeds dee! van die kultuurgeskiedenis van Suid-Afrika. Van sy bekendste liedere het volksbesit geword. Solank Afrikaans bestaan, sal sy liedere gesing word.