Browsing by Author "Hill, Branwell Rohan"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie hantering van Polisemie (en die oorvleueling daarvan met Homonimie) in die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en Verklarende Afrikaanse Woordeboek(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997-03) Hill, Branwell Rohan; Gouws, R. H.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie skripsie word die hanteringswyses van Polisemie en, in samehang daarmee, Homonimie wat deur twee Afrikaanse woordeboeke gevolg word, ondersoek. Polisemie en Homonimie oorvleuel dikwels in die twee bronne onder bespreking, en dit lei uiteraard tot die oordra van misleidende inligting aan die woordeboekgebruiker. Aspekte van sodanige oorvleueling waarna in hierdie skripsie gekyk word, sluit in die geneigdheid tot 'n diachroniese eerder as 'n sinchroniese indeling, doeblette, nuutskeppings en bykomende betekenisonderskeidings, die grens tussen polisemie en homonimie, die etimologie van woorde, samestellings waar die stam van die primere betekenisonderskeiding weggegroei het, fleksievorme en enkele afleidings, subwoordelike leksi kale i terns, ui tdrukkings, konsekwente ordening van polisemiese waardes, polisemiese en homonimiese verwysing en woorde wat semanties verbleek het. Ook word 'n voorstel gemaak . vir die konsekwente ordening van homonieme (wat tans op lukrake manier gedoen word). Omdat polisemie en homonimie 'n groot deel van woordeboeke beslaan, is dit baie belangrik dat hedendaagse leksikograwe ten volle op hoogte van die twee semantiese kategoriee onderverdeling, asook hoe mo et sulke wees, hulle inligting op konsekwente wyse aan die gebruiker oorgedra moet word.