Repository logo
  • English
  • Català
  • Čeština
  • Deutsch
  • Español
  • Français
  • Gàidhlig
  • Latviešu
  • Magyar
  • Nederlands
  • Polski
  • Português
  • Português do Brasil
  • Suomi
  • Svenska
  • Türkçe
  • Қазақ
  • বাংলা
  • हिंदी
  • Ελληνικά
  • Yкраї́нська
  • Log In
    or
    New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
Repository logo
  • Communities & Collections
  • Browse the repository
  • English
  • Català
  • Čeština
  • Deutsch
  • Español
  • Français
  • Gàidhlig
  • Latviešu
  • Magyar
  • Nederlands
  • Polski
  • Português
  • Português do Brasil
  • Suomi
  • Svenska
  • Türkçe
  • Қазақ
  • বাংলা
  • हिंदी
  • Ελληνικά
  • Yкраї́нська
  • Log In
    or
    New user? Click here to register.Have you forgotten your password?
  1. Home
  2. Browse by Author

Browsing by Author "Fouche, Nadine"

Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
  • Loading...
    Thumbnail Image
    Item
    Gefokusde take in die Afrikaans huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika : 'n eerste verkenning
    (LitNet, 2021) Fouche, Nadine; Pedro, Marne; Van der Merwe, Michele F.
    In die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van Afrikaans Huistaal oor verskillende skoolfases heen, word aangetoon dat die onderrig van grammatika toegespits moet wees op die wyse waarop dit gebruik word om sinvol te kommunikeer (DBO 2011b:11; Adendorff 2017:510). Daar is egter ’n leemte in die riglyne ten opsigte van kommunikatiewe grammatika-onderrig, waarvan Afrikaans Huistaal-onderwysers voorsien word, omdat dit bloot te karig is (Van der Merwe 2014:224). Vervolgens is die doel van ons artikel om ’n werkbare metode voor te stel wat gebruik kan word om grammatika kommunikatief te onderrig, naamlik taakondersteunende taalonderrig, wat berus op die gebruik van gefokusde take, dit wil se take waar grammatikale items kommunikatief ingeoefen word (Adendorff 2017:512). Hierdie metode is geskik vir veral die intermediere en senior fase, waar een uur per tweeweeksiklus aan die formele onderrig van grammatika toegeken word. Ten einde te bepaal hoe geslaagd hierdie metode vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika op huistaalvlak is, is kwalitatiewe, fenomenologiese navorsing onderneem, waar die verskynsel wat ondersoek is kommunikatiewe, taakondersteunende grammatikaonderrig is. ’n Taalonderrigprojek vir onderwysstudente wat Afrikaansonderrig as hoofvak neem, is geloods. Die projek het die volgende behels: 1. Studente het kennis van die kommunikatiewe taalonderrigbenadering en taakondersteunende taalonderrig deur middel van video-opnames, wat op Google Drive gelaai is, bekom. 2. Studente het taakondersteunende lesplanne, wat tydens praktiese onderwys aangebied moes word, saamgestel. 3. Die navorsers het die taakondersteunende lesplanne geassesseer. Die insigte wat ons tydens die assessering van die taakondersteunende lesse bekom het, word gebruik om ’n taakondersteunende grammatikales, wat kommunikatiewe grammatika-onderrig bevorder, voor te stel. Die beginsels van die kommunikatiewe taalonderrigbenadering waaraan dié les voldoen, sluit onder meer in: 1. die bevordering van werklike kommunikasie 2. die gebruik van taal om betekenisvolle opdragte uit te voer 3. die ondersteuning van die leerproses deur gebruikmaking van taal wat as betekenisvol geag word. Daarby toon ons aan dat ’n taakondersteunende grammatikales kan afwyk van die tradisionele voorstel-oefening-gebruik-ontwerp (oftewel VOG-ontwerp), wat normaalweg daarmee geassosieer word, deur ’n alternatiewe lesontwerp voor te stel.

DSpace software copyright © 2002-2023 LYRASIS | Supported by Stellenbosch University


  • Cookie settings
  • Privacy policy
  • End User Agreement
  • Send Feedback