Browsing by Author "Fischer, JD"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe influence of eye model complexity and parameter variations on the predictive power of simulated eye-tracking data(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-11) Fischer, JD; Van den Heever, D; Van der Merwe, J; Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Mechanical and Mechatronic Engineering.ENGLISH ABSTRACT: Gesimuleerde oogvolgdata vergemaklik die vinnige, herhaalde, en onafhanklike evaluasie van oogvolgmetodes sonder dat daar 'n hulpbron-intensiewe gebruikersstudie vereis word. Gesimuleerde data is veral voordelig gedurende die vroeƫ ontwikkeling van 'n oogvolger waarin verskeie konfigurasies van apparatuur en algoritmiese komponente oorweeg word. Die meeste van die gesimuleerde oogvolgdata wat in die oogvolg-verwante literatuur gebruik word, is gegenereer deur gebruik te maak van lae-kompleksiteit oogmodelle met parameters gebaseer op bevolkingsgemiddeldes wat die kornea simuleer as 'n enkele sferiese oppervlak. Hierdie dissertasie het ondersoek ingestel of die verhoging van die oogmodel se kompleksiteit en parameters wat gebruik word om gesimuleerde data te genereer, kan lei tot verbeterings in werklike oogvolguitkomste. Die bevindinge van die dissertasie toon dat die gebruik van 'n oogmodel wat 'n a-sferiese voorste korneale oppervlak en realistiese variasies in die asferisiteit van die voorste korneale oppervlak insluit in 'n gesimuleerde oogvolgomgewing, die voorspellende vermoƫ van die gesimuleerde data sal verbeter. Dit sal moontlik op sy beurt lei tot die ontwikkeling van oogvolgmetodes met beter resultate.