Browsing by Author "Ehlers, A."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie Anglo-Boereoorlog as stimulus vir die stigting van Afrikaanse plattelandse trustmaatskappye en eksekuteurskamers(Historical Association of South Africa, 2000) Ehlers, A.Die ontwikkeling van 'n Afrikaanse etniese bewussyn ná 1870 is deur die Anglo Boereoorlog (1899-1902) verhoog. In die Kaapkolonie is mense in lojalistiese en republikeinse kampe verdeel. Op die ekonomiese terrein het Afrikaanssprekendes met 'n republikeinse voorkeur hulle steun onttrek aan ondernemings wat die Britse oorlogpoging goedgesind was. Inisiatiewe wat vanaf 1900 geloods is, het in die Wes-Kaap daartoe aanleiding gegee dat die Paarlse Afrikaanse Trust Maatskappy Beperk en die Afrikaanse Onderlinge Voogdy en Assuransie Maatskappy Beperk tot stand kom. In hierdie artikel word die ekonomiese impak van die koloniale inisiatiewe in Kaapse Afrikanergeledere ondersoek.